Body

Afrikaans Devotionals

Raak Ontslae van Wraak

David Wilkerson (1931-2011)

Paulus het aan die gemeente geskryf: “Moenie julle wreek nie, geliefdes, maar gee plek vir die toorn; want daar is geskrywe: Aan My kom die wraak toe, Ek sal vergeld, spreek die Here” (Romeine 12:19, AFR53). Hy sê in wese: “Verdra die wandaad teen jou. Lê dit neer en gaan aan. Kry 'n lewe in die Gees.”

As ons egter weier om die seer wat ons aangedoen is te vergewe, moet ons hierdie gevolge dra:

  1. 1. Ons sal skuldiger word as die persoon wat ons lyding veroorsaak het.

Gehoorsaamheid is Beter as Seën

David Wilkerson (1931-2011)

Die Skrif herinner ons prontuit aan wat God werklik van ons verlang. “Daarop sê Samuel: Het die HERE behae in brandoffers en slagoffers soos in gehoorsaamheid aan die stem van die HERE? Kyk, om gehoorsaam te wees is beter as slagoffer, om te luister beter as die vet van ramme” (1 Samuel 15:22).

God se Belofte aan die wat Versoek Word

David Wilkerson (1931-2011)

Elke oorwinning wat ons oor die vlees en die duiwel behaal, sal gou opgevolg word deur 'n nog groter versoeking en aanval. Satan sal eenvoudig nie moed opgee in sy stryd teen ons nie. As ons hom een ​​keer verslaan, sal hy sy magte verdubbel en dadelik na ons toe terugkeer. Skielik sal ons onsself terug vind in 'n geestelike oorlog wat ons gedink het ons reeds gewen het.

Verlossing Vir Louwarm Harte

Gary Wilkerson

Ek het onlangs gelees van 'n geskiedkundige gebeurtenis genaamd die Groot Uitsetting. In 1662 in Engeland het tweeduisend Puriteinse predikante gesê dat God, nie die koning nie, gesag van die Kerk van Engeland behoort te hê. Hulle is dadelik uit hul poste verwyder op een dag wat as "Swart Bartolomeus se Dag" bekend geword het. Baie van hulle is in die tronk gegooi en ander is tereggestel. Sommige van hulle is gedwing om hul gemeente en hul mense te verlaat en ander is uit die land geskop.

Christus se Voorbeeld van Dienaarskap

Claude Houde

Aan Jesus is alle gesag en mag gegee in die hemel en op aarde. In Johannes 13 was Hy op die punt om aan die Romeine oorgegee en aan die kruis vasgespyker te word. Hy was besig om deur sy opstanding voor te berei om na die Hemel op te vaar en aan die regterhand van God te gaan sit. Hy was volmaak in die wil van God en op die punt om die grootste oomblik in die geskiedenis van die mens te bewerkstellig.

Satan se Aanvalle Fnuik

David Wilkerson (1931-2011)

Baie Christene haal een spesifieke gedeelte van Paulus se geskrifte aan met 'n wanbegrip van waaroor hy geskryf het. “Want hoewel ons in die vlees wandel, voer ons die stryd nie volgens die vlees nie; want die wapens van ons stryd is nie vleeslik nie, maar kragtig deur God om vestings neer te werp” (2 Korinthiërs 10:3-4, AFR53). Die meeste van ons dink aan vestings of bindinge soos seksuele oortredings, dwelmverslawing, alkoholisme of ander uiterlike sondes wat ons boaan die “ergste sondes”-lys plaas.

Die Verlosser in die Storm

David Wilkerson (1931-2011)

Die grootste gevaar wat ons almal beleef, is om Jesus nie in ons probleme te kan sien nie. In plaas daarvan, sien ons spoke. In Matthéüs 14, het Jesus sy dissipels beveel om in 'n boot te klim wat op pad was na 'n storm. Die Bybel sê dat Hy hulle voor Hom laat uitgaan het op ‘n boot wat Hy sekerlik geweet het op pad was na onstuimige waters. Dit sou soos 'n kurkprop rondgeslaan word, maar waar was Jesus? Hy was bo in die berge wat oor die see uitgekyk het.

Ons Mislukkings Dapper In Die Oë Kyk

David Wilkerson (1931-2011)

Toe Adam gesondig het, het hy probeer om vir God weg te kruip. Toe Jona geweier het om vir Ninevé te preek, het sy vrees hom in die see gedryf terwyl hy probeer het om van die teenwoordigheid van die Here af weg te vlug. Nadat Peter Christus verloën het, het hy bitterlik geween.

Adam, Jona, en Petrus het van God af weggevlug, nie omdat hulle hul liefde vir Hom verloor het nie, maar eerder omdat hulle bang was dat die Here te kwaad was om hulle genadig te wees.