Raak Ontslae van Wraak

David Wilkerson (1931-2011)

Paulus het aan die gemeente geskryf: “Moenie julle wreek nie, geliefdes, maar gee plek vir die toorn; want daar is geskrywe: Aan My kom die wraak toe, Ek sal vergeld, spreek die Here” (Romeine 12:19, AFR53). Hy sê in wese: “Verdra die wandaad teen jou. Lê dit neer en gaan aan. Kry 'n lewe in die Gees.”

As ons egter weier om die seer wat ons aangedoen is te vergewe, moet ons hierdie gevolge dra:

  1. 1. Ons sal skuldiger word as die persoon wat ons lyding veroorsaak het.

  2. 2. God se barmhartigheid en genade teenoor ons sal gestop word. Soos dinge in ons lewens begin verkeerd loop, sal ons dit nie verstaan ​​nie, want ons sal in ongehoorsaamheid wees.

  3. 3. Ons vervolger se ergernis teen ons sal aanhou om ons van vrede te beroof. Hy sal die oorwinnaar word en daarin slaag om ons 'n permanente wond te gee.

  4. 4. Omdat Satan daarin slaag om ons tot wraakgedagtes te dryf, sal hy ons in dodeliker sondes kan lei. Ons sal oortredings pleeg wat veel erger is as onvergewensgesindheid.

Die skrywer van Spreuke gee raad: “Die verstand van 'n mens maak hom lankmoedig, en dit is vir hom ‘n eer om die ootreding te vergewe” (Spreuke 19:11). Met ander woorde, ons moet niks doen totdat ons woede bedaar het nie. Ons moet nooit 'n besluit neem of volhard met enige aksie terwyl ons nog kwaad is nie.

In Matthéüs 5:44-45, het Jesus vir sy volgelinge gesê: “Maar Ek sê vir julle: Julle moet jul vyande liefhê; seën die wat vir julle vervloek, doen goed aan die wat vir julle haat, en bid vir die wat julle beledig en julle vervolg; sodat julle kinders kan word van julle Vader wat in die hemele is; want Hy laat sy son opgaan oor slegtes en goeies; en Hy laat reën op regverdiges en onregverdiges.”

Ons verheerlik ons hemelse Vader wanneer ons seerkry oorsien en die sondes wat ons aangedoen is, vergewe. Om dit te doen, bou karakter in ons. Wanneer ons vergewe soos God vergewe, sal Hy ons in 'n openbaring van guns en seën bring wat ons nog nooit voorheen geken het nie.