Body

Afrikaans Devotionals

Leef Bo die Stormwolke

David Wilkerson (1931-2011)

Ek en jy benodig ‘n beter begrip van God se liefde. Na die lees van 1 Johannes, het ek besef hoe min ek weet van lewe in God se liefde. “En ons het die liefde wat God tot ons het, leer ken en geglo. God is liefde en hy wat in die liefde bly, bly in God en God in hom” (1 Johannes 4:16, AFR53).

Baie Christene weet slegs teologies van God se liefde vir hulle. Hulle het die Skrif geleer en dit gehoor verkondig word, maar hulle begrip is beperk tot ‘n versie uit ‘n kinderkoortjie: “Jesus min my salig lot, ek weet dit uit die woord van God”.

Beklee My, Jesus

David Wilkerson (1931-2011)

“Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel” (Efésiërs 6:11, AFR53).

 

Liewe Jesus,

U het my beveel om die duiwel teë te staan en hy sou van my af wegvlug,

Maar ek het geen weerstand nie.

U het al die krag en weerstand wat ek ooit sal nodig hê,

Gee my dus die krag om te weerstaan.

U het vir my gesê ek kan my berge verskuif

As ek die geloof het van ‘n mosterdsaad;

Maar my berge wil nie skuif nie

Al is my geloof in U so groot

Sal Jy die Roeping Aanvaar?

David Wilkerson (1931-2011)

God se Gees het nog altyd die mensdom na Hom toe geroep, tot heiligheid, reinheid van hart, ‘n afgesonderde lewe; en net sommiges in elke geslag het hierdie roeping aanvaar. Josef het op ‘n vroeë ouderdom gereageer; sy tien ouer broers het dieselfde roeping ontvang, maar hulle het verkies om in die wêreld te bly.

Van die Tronk tot Vryheid en Daarna

Gary Wilkerson

‘n Rukkie gelede het ek gepraat met ‘n vrou genaamd Holly Dziedzickie. Holly het grootgeword in ‘n Christelike huis en het saam met haar ouers kerk toe gegaan, maar in haar tienerjare het sy teen God gerebelleer. Sy het betrokke geraak by ‘n lewenswyse van onsedelikheid, alkohol en dwelms, asook die verkoop van metamfetamien. Sy was kwaad vir God omdat Hy die dinge wat sy wou doen as sonde beskou het. Jarelank was sy in en uit die tronk. Die dwelms het haar paranoïes en gewelddadig gemaak en sy was op die ou end na ‘n hoë sekureit gevangenis gestuur.

Goddelike Krag in Ons Lewens

Jim Cymbala

Ek het iemand beraad wat probleme in sy huwelik gehad het. Om die waarheid te sê, hy het onaangenaam opgetree en hy het sy vrou verbaal mishandel. Ek het op die ou end vir hom gesê: “Respekteer jy my? Is jy bereid om na my te luister?” Hy het geantwoord: “Respekteer ek jou? Ek kom al nege jaar hierheen. Alles wat ek is, is aan jou te danke!”

Die Here is Jou Beskermer

David Wilkerson (1931-2011)

’n Spannende Ou-Testamentiese verhaal in 2 Konings 6 illustreer die beste wat dit beteken om deur die krag van God bewaar te word. Bénhadad, koning van Aram, het teen Israel oorlog verklaar en met 'n groot leër teen hulle opgetrek. Soos sy magte gevorder het, het hy gereeld sy krygsraad bymekaargeroep om die volgende dag se strategie te beplan. Die profeet Elisa het egter aangehou om 'n boodskap aan die koning van Israel te stuur en elke beweging van die vyandelike troepe uiteen te sit.

Wees Stil en Weet

David Wilkerson (1931-2011)

Dawid sê vir ons in die Psalms dat dit God is wat oorloë tot ’n einde bring en voeg by: “Laat staan en weet dat Ek God is...” (Psalm 46:11, AFR53). Die Hebreeuse woord vir “laat staan”’ is raphah, wat beteken om op te hou, alleen te laat, swak word, broos word. Dit is van die stamwoord rapha, wat beteken om te herstel en deur die hand van 'n geneesheer heeltemal genees te word.

Die Beskaamdheid wat Oorwin

Gary Wilkerson

Die rede waarom God gereeld in sy Woord beklemtoon dat ons identiteit van Hom af kom, is omdat ons eie verstandelike vermoëns uiters onbetroubaar is. Die geskiedenis wys vir ons dat die menslike intellek verstommend is in wat dit kan verbeel, onderskei en skep. Ten spyte daarvan, is ons dikwels nie in staat om woorde en gedagtes wat ons besoedel en verswak, uit te skakel nie.