Ons Mislukkings Dapper In Die Oë Kyk

David Wilkerson (1931-2011)

Toe Adam gesondig het, het hy probeer om vir God weg te kruip. Toe Jona geweier het om vir Ninevé te preek, het sy vrees hom in die see gedryf terwyl hy probeer het om van die teenwoordigheid van die Here af weg te vlug. Nadat Peter Christus verloën het, het hy bitterlik geween.

Adam, Jona, en Petrus het van God af weggevlug, nie omdat hulle hul liefde vir Hom verloor het nie, maar eerder omdat hulle bang was dat die Here te kwaad was om hulle genadig te wees.

Die aanklaer van die broeders wag soos 'n aasvoël vir jou om op een of ander manier te misluk. Op daardie punt, gebruik hy elke leuen in die hel om jou te oortuig dat God té heilig of jy té sondig is om ooit terug te keer. Hy maak jou bang dat jy nie volmaak genoeg is of dat jy nooit bo jou mislukking sal uitstyg nie.

As Moses, Jakob of Dawid aan mislukking oorgegee het, sou ons dalk nooit gehoor het van hierdie manne nie. Nogtans het Moses teruggegaan na die land waaruit hy gevlug het en het opgestaan om te een van God se grootste helde te word. Jakob het sy sondes erken, was herenig met die broer wat hy verneuk het en het nuwe hoogtes van oorwinning bereik. Dawid het in die huis van God ingehardloop, het vergifnis en vrede ontvang en teruggekeer om sy beste tyd te beleef. Jona het teruggegaan op sy spore, het gedoen wat hy aanvanklik geweier het om te doen en het 'n hele stad tot bekering gebring. Petrus het opgestaan uit die as van verloëning om die kerk lei na Pinkster te lei.

In 1958, het ek in my motor gesit en huil. Ek was hardhandig uit 'n hofsaal gesmyt nadat ek geglo het dat ek deur God gelei was om teenoor sewe tiener moordenaars te getuig. My poging om God te gehoorsaam en dié jong straatboewe te help, het gelyk asof dit in ‘n verskriklike mislukking geëindig het.

Ek sidder om te dink hoeveel seën ek sou misgeloop het as ek in daardie donker uur moed verloor het. "Waar bly die wyse? Waar bly die skrifgeleerde? Waar die redetwister van hierdie eeu? Het God nie die wysheid van hierdie wêreld dwaas gemaak nie? Want aangesien in die wysheid van God die wêreld deur die wysheid God nie geken het nie, het dit God behaag om deur die dwaasheid van die prediking die wat glo, te red" (1 Korinthiërs 1:20-21, AFR53). Hoe bly is ek vandag dat God my geleer het om my mislukking in oë te kyk en verder te gaan na sy volgende stap vir my. Selfs as ons misluk, begeer God dat ons na Hom toe terugkeer.