Jesus gee ons meer as een rede waarom ons sy vrede nodig het. Christus het vir sy dissipels in Johannes 14:30 gesê: “die owerste van hierdie wêreld kom.” Wat was die konteks van sy stelling? Hy het pas vir die twaalf gesê: “Ek sal nie veel meer met julle spreek nie” (14:30).
“En Hy [God] antwoord: Moet Ek self meegaan om jou die rusplek te verskaf? Toe sê hy [Moses] vir Hom: As U nie self meegaan nie, laat ons dan nie hiervandaan optrek nie” (Exodus 33:14-15).
Moses het geweet dat dit God se teenwoordigheid onder hulle was wat hulle onderskei het van alle ander nasies. Dieselfde is waar vir God se kinders vandag. Die enigste ding wat ons onderskei van ongelowiges, is God se teenwoordigheid “met ons,” wat ons lei, rigting gee en sy wil in en deur ons werk. Sy teenwoordigheid dryf alle vrees en verwarring uit.
“Kyk, Die HERE maak die aarde leeg en verwoes dit, en Hy keer sy oppervlakte om en verstrooi sy bewoners” (Jesaja 24:1, 1953). Die profeet Jesaja waarsku ons dat in die laaste dae, God die “wêreld se oppervlakte gaan omkeer.” Volgens hierdie profesie, gaan skielike oordeel die wêreld tref en dit sal alles in een uur verander. Binne daardie kort tyd, sal die hele wêreld sien dat vinnige verwoesting oor ‘n stad en ‘n land sal kom en die wêreld sal nooit weer dieselfde wees nie.
Hoe aanbid jy wanneer vrees probeer om jou hart oor te neem? Om dit te begryp, kyk na die dissipels toe hulle in ‘n storm was en Jesus daar reg by hulle was.
“En toe Hy in die skuit klim, het sy dissipels Hom gevolg. En daar het ’n groot storm op die see gekom, sodat die skuit toe was onder die golwe; maar Hy was aan die slaap. Daarop kom sy dissipels en maak Hom wakker en sê: Here, red ons, ons vergaan!” (Matthéüs 8:23-25).
Etlike jare gelede, het ek ‘n verpletterende rugbesering in ‘n motorongeluk gehad, met die gevolg dat my gesin en ek ‘n spesiale soort sorg nodig gehad het. Omdat ek vir ‘n tyd lank glad nie kon beweeg nie, het ons huishouding nuwe probleme beleef. Normale huishoudelike pligte wat maklik gelyk het toe ek hulle nog kon doen, het nou oorweldigend gevoel.
“Daarom moet ons des te meer ag gee op wat ons gehoor het, dat ons nie miskien wegdrywe nie. Want as die woord deur die engele gespreek, onwankelbaar was, en elke oortreding en ongehoorsaamheid regverdige vergelding ontvang het, hoe sal ons ontvlug as as ons so ʼn groot saligheid veronagsaam” (Hebreërs 2:1-3).
Die Bybel gee ernstige waarskuwings teen aan die slaap raak in die middernaguur. Ons eerste belang behoort ons persoonlike wandel met Christus te wees. Ons moet vra, “Hoe kan ek die gevolge ontvlug as ek Jesus verwaarloos en van Hom af wegdryf?”
“So het die HERE Israel dan dié dag uit die hand van die Egiptenaars verlos ... Toe het Moses en die kinders van Israel hierdie lied tot eer van die HERE gesing; en dit is wat hulle gesê het: Ek wil sing tot eer van die HERE, want Hy is hoog verhewe” (Exodus 14:30; 15:1).
God wil hê dat jy as ‘n aanbidder uit jou storm kom! Hy het in jou donker nag vir jou ‘n weg gemaak en Hy het ‘n plan om jou daaruit te bring as ‘n skitterende voorbeeld vir die wêreld van sy getrouheid aan sy kinders.
“En die losgekooptes van die HERE sal teruggaan en na Sion kom met gejubel, en ewige vreugde sal op hulle hoof wees; vreugde en blydskap sal hulle verkry, maar kommer en gesug vlug weg” (Jesaja 35:10). In hierdie gedeelte, sê Jesaja vir ons dat te midde van die donker tye wat kom, sommige van God se uitverkorenes wakker sal word en die Gees van Christus in besit sal neem. Wanneer hulle dit doen, sal die Heilige Gees veroorsaak dat ‘n gees van blydskap en vreugde so diep in hulle bly dat geen toestand of omstandigheid of mens hulle blydskap sal kan steel nie.
“En Jesus het dadelik sy dissipels gedwing om in die skuit te gaan en voor Hom uit te vaar na die oorkant, terwyl Hy die skare wegstuur. En nadat Hy die skare weggestuur het, klim Hy op die berg om in die eensaamheid te bid. En toe dit aand geword het, was Hy daar alleen. En die skuit was al in die middel van die see, geteister deur die golwe; want die wind was teen hulle” (Matthéüs 14:22-24).
Tans is jy moontlik in ‘n storm maar aan die ander kant van daardie onstuimige see, is ‘n strand van God se seën en ‘n groter wonderwerk. Ons sien die geheim hiervan in die boek Handelinge as ons na die lewe van die apostel Paulus kyk.