Godgegewe Genade om Staande te Bly

Gary Wilkerson

Vir die eerste keer in die geskiedenis, identifiseer minder as 50 persent van Amerikaners hulleself as gelowiges van enige soort. Daardie getal is selfs laer – 30 persent – vir diegene onder dertig. Baie van hulle merk “GEEN” as hulle godsdienstige affiliasie. Dit word geraam dat hierdie geslag binne ‘n dekade heeltemal verlore sal wees as gevolg van sekularisme en goddeloosheid. En verdraagsaamheid vir Christene sal net afneem.

Kalm in die Storm

David Wilkerson (1931-2011)

God het aan die profeet Sagaría belowe dat Hy in die laaste dae ‘n beskermende muur van vuur rondom sy volk sal wees: “En Ek sal vir hom wees, spreek die Here, ‘n vurige muur rondom en tot heerlikheid daar binne-in” (Sagaría  2:5). Net so, het Jesaja getuig: “En daar sal ‘n afdak wees vir ‘n skaduwee bedags teen die hitte en vir ‘n skuilplek en toevlug teen die stortbui en die reën” (Jesaja 4:6).

Oorwinning oor Heersende Storms

Gary Wilkerson

Ons weet dat Jesus vir ons die oorwinning aan die kruis behaal het toe Hy die dood, Satan en die mag van sonde oorwin het. Die vraag vir ons as gelowiges is, “Wat nou? Ek weet Jesus het my oorwinning aan die kruis behaal, maar waar is hierdie oorwinning in die konflik wat tans in my lewe woed?

Toe Jesus jou Verlosser geword het, het Hy jou ‘n nuwe skepsel gemaak maar hoewel jy verander was, het die wêreld dieselfde gebly. En as gevolg hiervan, is daar magte wat hulleself teen jou opstel – die wêreld, die duiwel en selfs jou eie vlees – wat teen jou gees oorlog voer.