‘n Lied van Bemoediging in Donker Dae

David Wilkerson (1931-2011)

“Kyk, Die HERE maak die aarde leeg en verwoes dit, en Hy keer sy oppervlakte om en verstrooi sy bewoners” (Jesaja 24:1, 1953). Die profeet Jesaja waarsku ons dat in die laaste dae, God die “wêreld se oppervlakte gaan omkeer.” Volgens hierdie profesie, gaan skielike oordeel die wêreld tref en dit sal alles in een uur verander. Binne daardie kort tyd, sal die hele wêreld sien dat vinnige verwoesting oor ‘n stad en ‘n land sal kom en die wêreld sal nooit weer dieselfde wees nie.

“Verbreek is die verlate vesting; al die huise staan toegesluit, sodat niemand daar kan inkom nie ... Wat in die stad oorgebly het, is verwoesting; en die poort is tot ‘n puinhoop stukkend geslaan” (Jesaja 24:10,12). Jesaja profeteer dat die stad geoordeel en in verwarring gewerp word. Elke huis word toegesluit met niemand wat kom of gaan nie.

Watter goeie dinge kan uit profetiese boodskappe kom? Onthou dat Jesus Jerusalem gewaarsku het teen skielike verwoesting wat op daardie stad sou neerkom. Dit sou tot op die grond afgebrand word, met meer as ‘n miljoen mense wat vermoor sou word. Christus het hierdie waarskuwing verduidelik: “En nou het Ek dit aan julle gesê voordat dit gebeur, sodat julle kan glo wanneer dit gebeur” (Johannes 14:29). Hy het in wese gesê, “Wanneer dit gebeur, sal jy weet daar is ‘n God wat jou liefhet en gewaarsku het.”

In dae van voorspoed, wil niemand ‘n boodskap soos Jesaja s’n hoor nie. Maar ons kan dit nie ignoreer nie omdat dit hier voor ons deur is. In sulke tye, sê Paulus, wanneer ons weet dat skielike verwoesting kom, moet ons nie bang wees of rouklaag soos die wêreld nie. In plaas daarvan, moet ons mekaar in geloof bemoedig met die wete dat God oor elke aspek van ons lewens heers.

“Laat ons ... nugter wees, met die borswapen van geloof en liefde aan, en as helm die hoop op die saligheid” (1 Thessalonicense 5:8). Paulus beveel ons, “Bewapen jouself met geloof, bou jou geloof nóú op, voor die dag aanbreek. Leer jou lied en jy sal in jou vuur kan sing.”

Dit is die hoop van ons allerheiligste geloof: ons Here laat ‘n lied uit die donkerste tye voortkom. Begin nou om jou allerheiligste geloof in Hom op te bou en leer om sy majesteit stil in jou hart te besing. Wanneer jy jou lied sing, sal dit jou broers en susters bemoedig. En dit sal getuig teenoor die wêreld: “Ons Here heers oor die wêreldvloed!”