DIE VADER IS GEOPENBAAR

David Wilkerson (1931-2011)

In die Ou Testament, het die kinders van God slegs ‘n kykie van God gehad as hulle Vader, “Soos ‘n vader hom ontferm oor die kinders, so ontferm die HERE Hom oor die wat Hom vrees” (Psalm 103:13). Jesaja het God “Ewige Vader” (Jesaja 9:6) genoem en Jeremia het van Hom geskryf as, “Jy sal My noem: My Vader!” (Jeremia 3:19).

Maar hierdie mense van die ou tyd, het nie die volle openbaring gehad van die hemelse Vader nie. Jesus self het gesê, “Die profete het verlang om te sien wat julle sien en te hoor wat julle hoor, maar hulle kon nie.” Diegene in Ou Testament tye het Jehova geken volgens al die name wat Hy aan hulle geopenbaar het, maar hy het Homself nie geopenbaar as hulle Vader nie. Daardie openbaring het nie gekom totdat die Seun Hom geopenbaar het nie. Jesus het gesê, “Ook ken niemand die Vader nie, behalwe die Seun en elkeen aan wie die Seun dit wil openbaar” (Matthéüs 11:27).

 Christus het gekom om die Vader aan hierdie laaste geslag te openbaar, op ‘n manier waarop geen ander geslag Hom ooit geken het nie! Alles wat Jesus gedoen het – van die water wat in wyn verander tot die dooies opwek – was ‘n geïllustreerde preek. Al sy dade was bedoel om te sê, “Dit is my Vader se werk; dit is hoe Hy is”

“Uit Myself doen Ek niks nie; maar net wat my Vader My geleer het, dit spreek Ek. En Hy wat My gestuur het, is met My” (Johannes 8:28-29). Met ander woorde, Ek het vrylik dwarsdeur die land gepraat en toe Ek op die strate van Jerusalem, Bethlehem en Judéa geloop het, het Ek julle keer op keer gesê dat alles wat Ek doen van die Vader is. As julle tog maar net julle oë en ore wou oopmaak en my woorde wou aanvaar, sou Ek Hom vir julle gewys het. Hy is geopenbaar!”

Wanneer ons ‘n openbaring van ons hemelse Vader het – sy liefde, sy barmhartigheid, sy genade – is ons in staat om vir die wêreld te sê, “Luister na wat ek sê en doen. Kyk na my lewe en sien die Vader in my!”