Word Jou Aandag Afgetrek Tydens Aanbidding?

David Wilkerson (1931-2011)

Ek wil met jou praat oor dinge wat jou aandag aflei tydens gebed en aanbidding – veral in die huis van God. Jesus noem mense wat in Sy teenwoordigheid inkom met lofprysing in hulle monde, maar wie se gedagtes en harte ingedagte is, skynheiliges. Hy het direk met hulle gepraat en gesê, “Julle gee vir My julle monde en julle lippe – maar julle gedagtes is elders. Julle harte is baie ver van My af!”

Wat van jou? Jy is heel waarskynlik vir ‘n uur elke week in God se huis teenwoordig. Dus is jou liggaam in sy kerk – maar waar is jou gedagtes? Jou mond sê, “Ek aanbid U, Here” – maar is jou hart ‘n duisend myl ver weg? Waarheen neem jou gedagtes jou tydens aanbidding en lofprysing?

Dit is nie ‘n ligtelike ding om in God se huis in te kom om Hom te aanbid nie! “Toe sê die Moses vir Aäron: Dit is dit wat die HERE gespreek het deur te sê: In die wat naby My is, wil Ek My as die Heilige laat ken, en voor die oë van die hele volk wil Ek My verheerlik” (Levitikus 10:3). God het vir Moses gesê, “Ek sal My nie laat behandel soos ‘n gewone mens nie! As jy My teenwoordigheid wil binnegaan, moet jy geheilig voor My kom. Almal wat My heiligheid nader, moet dit doen met groot omsigtigheid en bedagsaamheid – weens My heerlikheid en majesteit!”

Ons moenie iets in die Here se teenwoordigheid uiter sonder dat ons hart en siel daarin is nie. Jesus beveel, “God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid” (Johannes 4:24).

God se huis is ‘n huis van aanbidding. Wanneer ons daar ingaan, moet ons alle vlees opsysit en uitroep, “Here, ek is nie waar ek behoort te wees met U nie, maar ek het U lief! Plaas ‘n muur van vuur rondom my gedagtes en laat my die offer van ‘n gefokusde, aandagtige lofprysing tot U bring!”

God het jou lief en Hy ken die krag wat rein aanbidding in jou gees loslaat. Dit maak jou sterker as ‘n leeu en groter as ‘n reus, om elke muur en vesting wat teen jou kom om te gooi. Halleluja!