WORD “VOLHARDERS”

David Wilkerson

Waarom lyk dit of sommige mense moeiteloos deur die lewe gaan? Ek ken mense wat lyk of hulle nooit ly nie. Alles wat hulle aanraak, is voorspoedig en hulle lyk altyd gelukkig, asof hulle nie ‘n probleem in die wêreld het nie.

Jy mag dalk vra hoe dit moontlik is. Trouens, as jy na sulke Christene kyk, mag jy dalk wonder, “Wat is met my verkeerd? Waarom moet ek die een probleem na die ander verduur, vandat ek my alles vir Jesus gegee het? Toe ek koud en louwarm in die geloof was, het alles goed gegaan. Ek het nie eers geweet sulke swaarkry bestaan totdat ek ernstig met God geword het nie.”

Jou antwoord word vervat in hierdie vers: “toe julle verlig geword het” (Hebreërs 10:32), wat beteken, “Na jy die lig gesien het.” Dit was nadat jy jou lewe vir Jesus oopgemaak het en jy gevul was met Sy lig, dat jou groot stryd van verdrukkings begin het.

Satan val ons aan volgens die mate van die lig wat ons ontvang en waarin ons wandel. Hulle wat in ‘n klein ligstraaltjie wandel, is geen bedreiging vir die duiwel se koninkryk nie. Hy mik sy “groot lydensworsteling” op hulle wat die lig liefhet met hulle hele hart en alles omhels wat Christus vir hulle het (sien Hebreërs 10:32).

Sulke heiliges het geen deel aan die duisternis nie. Hulle het ‘n geloof in besit geneem wat van hulle “volharders” gemaak het, krygers wat nie terugtrek nie, maar wandel in volle geloofsversekering!

“Werp dan julle vrymoedigheid , wat ‘n groot beloning het, nie weg nie. Want julle het lydsaamheid nodig, om, nadat julle die wil van God gedoen het, die belofte te verkry” (Hebreërs 10:35-36).