WONDERLIKE BELOFTE

David Wilkerson

Ons weet dat deur die eeue heen, het diegene wat op Jesus vertrou het, baie gely. Sedert die tyd van die kruis, was hulle gemartel, sommige wreedaardig. Sommige Nuwe Testamentiese gelowiges het hulle huise en grond verloor en in grotte gaan woon.

Geliefde, geen verkondiger van God se Woord sal ooit belowe dat jy nie sal ly nie, dat jy nie jou eiendom sal verloor nie, dat jou lewenstyl beskerm sal wees nie. Maar daar is ‘n “groot wolk van getuienis” in die hemel wat vir almal van ons wat Jesus liefhet sal sê:

“Dit is waar dat ons in Christus veilig is – ewig veilig. Sy genade was genoeg vir elke krisis. Ja, daar was tye van pyn, lyding en swaarkry. Maar geen beproewing kan jou ooit uit Christus, die Ark van veiligheid, haal nie.”

Ek wil hê jy moet vashou aan hierdie wonderlike belofte uit 1 Petrus 1:3–9:

“Wat na sy grote barmhartigheid ons die wedergeboorte geskenk het tot ‘n lewende hoop deur die opstanding van Jesus Christus uit die dode, sodat ons ‘n onverganklike en onbesmette en onverwerklike erfenis kan verkry, wat in die hemele bewaar is vir ons wat in die krag van God bewaar word deur die geloof tot die saligheid wat gereed is om geopenbaar te word in die laaste tyd.

“Daarin verheug julle jul, al word julle nou – as dit nodig is – ‘n kort tydjie bedroef onder allerhande beproewinge, sodat die beproefheid van julle geloof, wat baie kosbaarder is as goud wat vergaan maar deur vuur gelouter word, bevind mag word tot lof en eer en heerlikheid by die openbaring van Jesus Christus; vir wie julle, al het julle Hom nie gesien nie, tog liefhet; in wie julle, al sien julle Hom nou nie, tog glo en julle verbly met onuitspreeklike en heerlike blydskap en die einddoel van julle geloof, die saligheid van julle siele, verkry.”