WIE GEE DIE BEVELE IN JOU LEWE?

David Wilkerson (1931-2011)

“As ons deur die Gees lewe, laat ons ook deur die Gees wandel” (Galásiërs 5:25). Die apostel Paulus gee ons hierdie baie eenvoudige instruksie in eenvoudige terme, “As die Heilige Gees in jou leef, laat Hom volle beheer van jou lewe hê.”

Ons moet almal gelei word deur die Gees. Hy was gestuur om ons konstante, onfeilbare Leidsman te wees, en Hy woon in almal wat Christus as Here en Saligmaker bely. Die meeste Christene het geen probleem daarmee om te aanvaar dat die Heilige Gees ons na Jesus toe lei, en ons het geen probleem daarmee om te glo dat die Gees voortdurend in ons aan die werk is elke oomblik.

Ons gee eer aan die Gees, ons preek oor Hom, ons leer oor sy gawes en vrug, en die meeste van ons roep Hom aan vir vertroosting in krisistye. Ons bid tot Hom, soek Hom, smeek Hom om die hemele te skeur, sy kerk te laat herlewe en ware manifestasies van sy inwoning te beleef. Maar dit lyk of ons baie min weet van wat dit beteken om deur die Gees te wandel.

Deur die waarheid te verstaan oor wandel deur die Gees, kan talle verlos word van verwarring, twis, bekommernis, besluiteloosheid en selfs begeertes van die vlees. So, wat is die waarheid? Paulus het dit duidelik opgesom: Gee jou wil oor aan die Heilige Gees en vertrou op sy rustige, sagte stem om jou te lei in alle dinge. Trouens, die Woord van God sê, “Deur die HERE word die gange van ‘n man bevestig” (Psalm 37:23). En wie doen die bevestiging? Die Heilige Gees!

Die vlees het sy eie hardkoppige wil en doen wat hom behaag. Dit doen wat dit ook al wil en vra God om daardie keuses te seën en sê, “God het vir my ‘n gesonde verstand gegee en ek kan intelligente keuses maak. Ek hoef nie te wag op leiding nie.” Maar selfs Christus self het gesê, “Ek kan uit Myself niks doen nie... omdat Ek nie my wil soek nie, maar die wil van die Vader wat My gestuur het” (Johannes 5:30). Net soos Jesus gewag het op die Vader en altyd gesoek het daarna om sy gedagtes te hê, moet ons sy volmaakte voorbeeld volg.