WEIER OM STIL TE WEES IN GEBED

Carter Conlon

Bly sterk wanneer dit lyk of God stil is tydens gebed, want die oorwinning is steeds joune. Dit is nog nie van jou af weggeneem nie; jy is nie afgesny van die lewe van God net oor ‘n paar foute langs die pad nie, want dit is nie hoe God werk nie. Bekeer jou bloot tot Hom soos Koning Dawid het – met jou hele hart.

Nadat hy deur ‘n tydperk van stilte gegaan het – met moeite, duisternis en verwarring – het Dawid hierdie woorde geskryf as deel van die toewyding van die tempel: “HERE, U het my berg deur u welbehae sterk laat staan. U het u aangesig verberg – ek het verskrik geword! Ek het U aangeroep, HERE, en ek het die Here gesmeek” (Psalm 30:8-9). Dawid het in wese gesê, “Daar was ‘n tydperk in my lewe waar U u aangesig vir my verberg het. Dit het gelyk asof U nie langer daar was nie. In die natuurlike, was al wat ek gesien het, verwoesting oral rondom my, die dwaasheid van my eie foute. Dit het my ontstel, maar ek U aangeroep.”

“U het my weeklag vir my verander in ‘n koordans, U het my roukleed losgemaak en my met vreugde omgord; sodat my eer U kan besing en nie swyg nie. HERE, my God, vir ewig sal ek U loof” (30:12-13). Met ander woorde, “Selfs al is ek dwaas, U bly getrou. U het ‘n lied van lofprysing binne-in my geplaas, onafhanklik van my omstandighede. U het geloof in my hart geplaas dat dinge presies sal wees soos U gesê het dit sal wees, en daarom sal ek U loof en U dank.”

Op dieselfde manier, het God reeds ‘n lied in jou hart geplaas. Selfs al lyk dit asof Hy stil is teenoor jou, weier om stil te wees teenoor Hom. Juig in Hom, met die wete dat Hy sekerlik elke belofte wat Hy vir jou gegee het, sal vervul. God is getrou aan jou en Hy sal altyd wees!

Carter Conlon het aangesluit by die pastorale personeel van Times Square Church in 1994 op uitnodiging van die stigterspastoor, David Wilkerson en was aangestel as Senior Pastoor in 2001.