WEES NET STIL

David Wilkerson

Beleef jy jou eie krisis op hierdie oomblik? Jy mag dalk vra, “Wat is ek veronderstel om te doen wanneer ek in so ‘n krisis gebring word? Wat moet ek doen wanneer alles hopeloos voorkom – wanneer daar nêrens is om heen te gaan of enige merkbare ontsnapping is nie? Wat gebeur wanneer ek oorval word met vrees omdat alles rondom my in duie stort – en ek geen antwoorde vir my probleem het nie, met niemand om my te vertel hoe om uit my moeilikheid uit te kom nie?”

Ons Here is nie ‘n moeilike leermeester nie en wanneer Hy ons in ‘n vreesaanjaende, moeilike situasie sien, verlang Hy daarna om ons na Hom te hoor uitroep. Hy het ‘n behae in ‘n gebed soos, “Here, ons is bang! U was nog altyd getrou om my te verlos en ek weet U het die mag om my ook nou te verlos. Vader, ek gee ons lewens oor in u hande!”

Hier is hoe God Israel verhoor het toe hulle ‘n groot krisis beleef het: “...Wees nie bevrees nie, staan vas en aanskou die verlossing van die HERE...Die HERE sal vir julle stry, en julle moet stil wees” (Exodus 14:13-14).

Die Here het in wese vir hulle gesê, “Die eerste saak waarmee julle moet afreken, is julle vrees! Ek sal vir julle veg en Ek sal julle red en verlos. Nou wil Ek hê dat daardie belofte jou sterkte sal wees. Laat dit al jou vrees uitdryf!”

En Hy sê dieselfde vir jou vandag.