WEES IN ALLES DANKBAAR

David Wilkerson

Nie lank gelede nie, het ‘n wonderlike jong Christen sy groot angs aan my geopenbaar.

“Ek voel ‘n roeping van die Here om met jongmense en kinders te werk, maar alle deure tot die bediening hou aan om toe te gaan voor my. Ek bid vir deure om oop te gaan, maar dit lyk nie of God my gebede hoor nie. Ek voel so nutteloos.

“Die enigste bediening wat ek nou het, is om te help met ‘n uitreik in een van ons krotbuurte een keer per week. Ek dien as ‘n ouboet vir ‘n prediker se seun omdat sy pa baie siek is. Maar dit is al wat ek doen. Ek moet glo dat God meer vir my het.”

Toe ek dit hoor, het ek aan die jongman gesê, “Ek wil hê jy moet iets verstaan. Wat jy op hierdie oomblik doen, is kosbaarder vir die Here as wat jy voor duisende mense in een of ander stadion preek. Bruikbaarheid vir Hom het niks met getalle te doen nie.

“Jy speel ‘n rol om daardie prediker se seun te red. Gaan en wees ‘n vriend vir ‘n paar krotbuurtkinders wat God vir jou gegee het. Wees tevrede met hierdie tyd en plek. En weet dat jy in God se volmaakte wil lewe, omdat jy getrou in die klein dingetjies is.”

Sê vir my, Christen: Het jy vrede gemaak met jou huidige situasie? Kan jy vertrou dat God sy volmaakte werk in jou doen deur al jou omstandighede heen? As jy nie kan nie, sal jy rusteloos, wanhopig en uiteindelik kwaad word vir God. Jy sal hard en bitter word.

Petrus skryf, “So laat dan ook die wat volgens die wil van God ly, hulle siele aan Hom as die getroue Skepper toevertrou met goeie dade” (1 Petrus 4:19). Net so, het Paulus beveel, “Wees in alles dankbaar, want dit is die wil van God in Christus Jesus oor julle” (1 Thessalonicense 5:18).