WEERSPIEËL EK DIE NATUUR VAN CHRISTUS?

David Wilkerson (1931-2011)

“Want hierdie gesindheid moet in julle wees wat ook in Christus Jesus was” (Filippense 2:5).

“Maar ons het die sin van Christus” (1 Korinthiërs 2:16).

Hierdie vermanings van die apostel Paulus sê vir die kinders van God, “Laat die gedagtes wat in Christus is – Jesus se denke – ook jou denke wees. Sy ingesteldheid is die een wat ons almal moet najaag.”

Wat beteken dit om die sin van Christus te hê? Eenvoudig gestel, dit beteken om te dink en op te tree soos Jesus en Christelike besluite te maak wat bepaal hoe ons moet lewe. Elke keer wanneer ons in die spieël van God se Woord kyk, moet ons onsself afvra, “Weerspieël ek die natuur van Christus? Verander ek van beeld tot beeld, voldoen ek aan Jesus se gelykenis met elke belewenis wat God in my lewe toelaat?”

Volgens Paulus, het Christus “Homself ontledig deur die gestalte van ’n dienskneg aan te neem en aan die mense gelyk geword” (Filippense 2:7). Jesus het ‘n verbond gemaak met die Vader om sy hemelse heerlikheid neer te lê en na die aarde toe kom as mens. Vir Christus, het dit beteken om te sê, “Ek gaan U wil doen, Vader.” Trouens, Jesus het voor die tyd bepaal, “Ek lê my eie wil neer om U s’n te doen, Vader. Alles wat Ek sê en doen kom van U af en Ek sal totaal afhanklik van U wees.”

Op sy beurt, was die Vader se verbondsooreenkoms met die Seun om sy wil aan Hom te openbaar. God het in wese gesê, “Jy sal altyd weet wat Ek doen en hoe Ek dit gaan doen. Jy sal my gedagtes hê.”

Baie mense wat vandag daarop aanspraak maak om volgelinge van Jesus te wees, het nog nooit ‘n besluit gemaak om te lewe soos die Here geleef het nie. In plaas daarvan, lewe hulle gemaklik met hulle vlees – hulle slegte humeure, hulle karakterfoute en hulle boesemsondes. En hulle wou nog nooit verander nie en verduidelik, “Dit is my natuur; dit is hoe ek is.”

Maar as Paulus met vrymoedigheid sê, “Ek het die sin van Christus,” sê hy, “Soos Jesus, het ek die rol van ‘n dienskneg aangeneem.” En Paulus verseker ons dieselfde is waar vir alle gelowiges: “Ons kan almal die gedagtes van Christus hê” (sien 1 Korinthiërs 2:16).