WAT HY VIR ONS GEDOEN HET

Gary Wilkerson

Jesus het drie-en-dertig jaar op Aarde deurgebring. Was dit net sodat Hy oud genoeg kon word om aan ‘n kruis te sterf? Nee, natuurlik nie.

Vir drie-en-dertig jaar het Jesus iets gedoen wat niemand ooit in staat was om te doen nie. Hy het elke reël, wet en beginsel in die Bybel geneem, elke gedagte wat God gehad het oor hoe ‘n regverdige lewe moet wees – heilig en rein en totaal gehoorsaam aan God – En Hy het elke enkele een daarvan vervul.

Dit is wat Hy in staat was om te sê, “Ek het nie gekom om die wet tot niet te maak nie, Ek het gekom om die wet te vervul” (sien Matthéüs 5:17). Wat Hy hier sê is dat Hy, en net Hy alleen, die wet volmaak onderhou het.

GOD SE BEHAE

God het gesê, “Ek het behae in Hom, omdat Hy elke beginsel wat Ek ooit vir die die mensdom gehad het, volmaak onderhou het. Hy het alles vervul.”

Regverdiging is nie net dat Hy jou gereinig het van jou sonde nie, Hy het jou verlede, teenwoordig en toekomstige sonde vergewe – maar Hy het ook geregtigheid aan jou toegewys. Met ander woorde, Hy het gegee en Hy het die geregtigheid wat Syne is op jou geplaas. By die kruis het Hy jou sonde en pyn en lyding geneem – en daarmee weggedoen.

En toe het Hy iets gedoen wat talle Christene nie besef nie. Hy het geneem wat Hy aan die kruis gedoen het en dit verander na ‘n finale oorwinning. Toe Hy gesê het, “Dit is volbring,” het Hy nie net vir ons sondes gesterf nie, maar ook vir ons geregtigheid. Hoewel ons geen geregtigheid in onsself het nie, het Hy vir ons Sy geregtigheid gegee.