WAT IS DIE PROBLEEM?

Jim Cymbala

Die groot versoeking in die Christendom vandag, is om ons boodskap so verteerbaar te maak vir die massas, dat ons die element van vuur verloor. Toe  “antwoord Johannes almal en sê: Ek doop julle wel met water, maar Hy kom wat sterker is as ek, wie se skoenriem ek nie waardig is om los te maak nie – Hy sal julle doop met die Heilige Gees en met vuur” (Luke 3:16).

Ons skep dienste vol van lekkers en donse. Maar dit sal nie die koninkryk uitbrei en Jesus verheerlik laat word nie. Mense kan hulle nie tot God bekeer sonder die vurige werk van die Heilige Gees nie.

Ek sal nooit vergeet van ‘n persoonlike belewenis met God wat ek jare gelede gehad het toe ek nuut in die bediening was nie. Ek het alleen voor ‘n Dinsdagaand diens gebid. Op daardie tydstip, het ons kerk gehou in ‘n klein bouvallige geboutjie, en ek het geweet daar sou minder as tien mense wees wat daardie aand se gebedsbyeenkoms sou bywoon. Ek het  gebid dat God meer mense na die kerk sou trek en die entoesiasme van die gemeente sou laat toeneem.

Terwyl ek gebid het, het die Heilige Gees gewerk. Hy het reguit my wese aangeraak en dit het voorgekom asof Hy gesê het, “Die grootste probleem is nie die gebrek aan mense en hulle geestelike onvolwassenheid nie. Jy is die een wat moet verander. Jy het ‘n gebrek aan deernis vir die mense, en jy het julle nie lief op die manier wat Ek wil hê jy moet nie. In jou onsekerheid, probeer jy bloot deur nog ‘n byeenkoms kom.”

Praat van vuur! Praat van deurdringend! Dit was nie maklik om te hoor nie. Ek het toe op my aangesig voor God geval. Ek het gekom om God te vra om my te help met die probleme van al die mense van die kerk, en in plaas daarvan, het Sy vuur tot my probleem deurgedring.

Wanneer die Gees in ons lewens werk, hou Hy ons weg van oppervlakkige verskonings en om die blaam op ander te plaas. Vuur brand die valsheid weg en lei ons na die waarheid.

Jim Cymbala het die Brooklyn Tabernacle begin met minder as twintig lede in 'n klein bouvallige gebou in 'n ongemaklike deel van die stad. Hy is oorspronklik van Brooklyn en is 'n jarelange vriend van beide David en Gary Wilkerson.