WAT ANDERS AS DIE LIEFDE

Jim Cymbala

‘n Lewe van liefde is die enigste manier om “om [God] in alles te behaag” (Kolossense 1:10). Aangesien God ‘n emosionele wese is, beleef Hy blydskap en droefheid net soos ons. Ons daaglikse woorde en dade kan Hom mishaag of Hom beweeg om oor ons te juig met gejubel. Wat ‘n verstommende gedagte! Vandag kan ek en jy die God van die heelal behaag. Hoewel Hy bokant begrip is, almagtig, alomteenwoordig, en alwetend is, kan sy hart steeds aangeraak word deur ons liefdevolle dade, selfs in gewone aktiwiteite. Wat ander as liefde kan ‘n God van liefde behaag?

Liefde is altyd die basis. Dit is waarom die Bybel verklaar: “Want in Christus Jesus het nòg die besnydenis nòg die onbesnedenheid enige krag, maar die geloof wat deur die liefde werk” (Galásiërs 5:6).

Hoewel die teken van God se verbond met Abraham die besnydenis van alle babaseuntjies was, het ‘n nuwe dag aangebreek en ‘n beter verbond is gemaak. Besnydenis, ras, talent, geld, roem, geleerdheid, of enigiets anders wat ons hoog aanslaan, word irrelevant wanneer dit met liefde vergelyk word. ‘n Liefdevolle persoon, of nog beter, ‘n kerk vol liefdevolle mense, het geweldige krag om mense vir God te beïnvloed.

‘n Bejaarde paartjie van ‘n suidelike staat het eenkeer ons kerk besoek, en na die diens het hulle my in my kantoor besoek, Die man het baie emosioneel geword toe hy gesê het, “Pastoor, ons het nog nooit tevore saam met Swart of Spaanse mense aanbid nie, nog nie een keer in ons lewens nie. Maar toe jy mense gevra het om mekaar te groet, het allerhande soorte mans wat ek nog nooit ontmoet het nie, my omhels asof ek hulle broer was.” Trane het sy oë gevul terwyl hy voortgegaan het, “Ek het vanoggend meer liefde van vreemdelinge gevoel was wat ek ooit beleef het in dertig jaar in my kerk tuis.”

Wat ‘n seën! Hy het nie my preek of hoe die koor gesing het, genoem nie. Wat sy hart aangeraak en sy oë geopen het, was God se stroom van liefde!

Jim Cymbala het die Brooklyn Tabernacle begin met minder as twintig lede in ‘n klein bouvallige gebou in ‘n ongure deel van die stad. Hy is oorspronklik van Brooklyn en is ‘n jarelange vriend van beide David en Gary Wilkerson.