WARE VREDE, VALSE VREDE

David Wilkerson

“En laat die vrede van God, waartoe julle ook in een liggaam geroep is, in julle harte heers, en wees dankbaar ” (Kolossense 3:15).

Hierdie een vers bevat ‘n ontsaglike bevel; die hele liggaam van Jesus Christus is deur God geroep om Sy vrede ons harte, verstand en liggaam te laat heers! Die vrede van God moet as heerser oor alles regeer. En as daar ooit ‘n tyd was dat Sy oproep verkondig moet word, is dit vandag in hierdie uur van onrus en verwarring!

Die Here het die vroeë Kerk beveel om toe te laat dat Sy vrede in hulle lewens heers, omdat Hy geweet het wat aan die kom was en Hy wou hulle voorberei. In net ‘n paar jaar se tyd, sou hulle vervolg en selfs gemartel word. Hulle sou verlies van hulle huise, die konfiskering van hulle wêreldse besittings en aanvalle beleef van wrede manne wat gedink het hulle doen God ‘n guns deur hulle dood te maak. God het dit alles vooruitgesien en het hulle voorberei. “Julle moet gegrond wees in My vrede om deur al die ontsaglike veranderinge wat voorlê te kom.”

Vandag versprei ‘n valse vrede onder talle kerke, ‘n vrede wat sal misluk in die komende moeilike dae. Moses het ‘n hardnekkige Israel “self-geseën” genoem, menende self-mislei. Hy het Israel gewaarsku dat ‘n vloek sou kom oor alle goddelose, ongehoorsame kinders van God, wat afgodery bedryf het. Hulle sou ‘n valse gevoel van vrede pleister bo-oor hulle sondige weë: “En as hy die woorde van hierdie eedswering hoor, homself dan in sy hart gelukkig prys deur te sê: Dit sal met my goed gaan alhoewel ek in die verhardheid van my hart wandel” (Deuteronómium 29:19).

Moses beskryf die kind van God wat besluit om sy begeerte vir boosheid te bevredig deur ‘n gerusstellende leerstelling te vind wat vir hom sê hy is steeds gered en op pad hemel toe – terwyl hy steeds sondig. Hy sê vir homself, “Ek sal doen wat ek wil en steeds nie die vrede in my hart verloor nie.” Valse vrede!

Dit maak nie saak wat met Amerika of die nasies van die wêreld gebeur nie, geen mag in die hel kan jou beroof van die vrede van God deur Christus Jesus, wat Hy binne-in jou siel plant nie. God sal sorg dat Sy mense deur vrede regeer word. Ware vrede!

Laat die ware vrede van God in julle harte heers!