WARE VERKWIKKING

David Wilkerson

In Handelinge 3:19 praat Petrus van “tye van verkwikking” wat sou kom uit synde in die Here se teenwoordigheid. Ek is oortuig dat selfs nou, te midde van tye van wêreldwye onrus, die Kerk so ‘n tyd van verkwikking beleef. Dit is ‘n geleentheid waarin Jesus Sy teenwoordigheid wêreldwyd openbaar.

Ja, daar is baie geestelike doodsheid en droogheid in talle kerke. Menigtes van gelowiges het hulle wandel met Jesus gekompromitteer, terwyl ander malgegaan het agter wêreldse plesiere aan.

Maar iets glorieryks is aan die gebeur oor die hele wêreld, selfs in Islamitiese nasies. Daar is onmiskenbare bewyse dat die Heilige Gees oor nasies beweeg en die ontsagwekkende teenwoordigheid van Christus kragtig openbaar. Dit gebeur dwarsdeur Rusland, China, Suid Amerika, Afrika, Asië en amper elke land op aarde. God raak mense aan in Mongolië en in die voormalige Sowjet state. In Indië is die Gees van God magtig aan die werk.

Ek hoor van sulke tye van verkwikking wat verskeie dorpe en stede in die Verenigde State aanraak. Herders word desperaat vir ‘n ware manifestasie van God se teenwoordigheid in hulle kerke.

Die verkwikking van Christus se teenwoordigheid is die gevolg van Hom alleen verhef – nie tekens en wonders nie, nie geestelike gawes nie, nie “herlewing” wat gou taan nie. Dit is ‘n laaste-dag openbaring van die heerlikheid en krag van Christus. Talle skryf vir my en sê hulle gaan kerk toe, smagtend daarna om die ware teenwoordigheid van Jesus te beleef. Hulle wil van ‘n herder hoor wat met die Here afgesonder was. Hulle wil nie meer vermaak, windmakery of leë metodes hê nie. Nou roep hulle uit, “Gee vir my Christus. Gee vir my die roerende, genesende, ontsagwekkende teenwoordigheid van Jesus.”

Mag dit die hartsgeroep wees van al God se kinders in hierdie laaste dae.