WARE SKATTE VAN GOD SE WYSHEID

David Wilkerson (1931-2011)

Die kerk van Jesus Christus is vandag magtig geseën deur God, maar tensy die dryfkrag agter enige bediening die algehele afhanklikheid van die Heilige Gees is, is alle pogings futiel. Goeie musiek, welsprekende prediking of oortuigende persoonlikhede is goed, maar slegs die krag en demonstrasie van die Heilige Gees kan mense op hulle knieë bring.

Salomo was die wysste man wat ooit gelewe het. Hy was goed-georganiseerd, baie meer geleerd as sy vader Dawid, en hy het alles groter en beter gedoen as waarmee enige vorige geslag na vore kon kom. Alles aan Salomo was asemrowend, buitensporig, hoogs indrukwekkend! Die dryfkrag agter Salomo was egter wysheid en kennis – en hy het ‘n kragtelose boodskap gebring.

Kom ons vergelyk die twee tipes kerke, Salomo en Dawid s’n. In Salomo se kerk, maak ‘n prediker bloot ware, Bybelse inligting bymekaar en skep ‘n preek daaruit. Dan sê hy vir homself, “Dit is die Woord van God, so dit moet ‘n impak hê.” Maar dit maak nie saak hoe oortuigend dit is nie, sonder die salwing van die Heilige Gees, is dit ‘n dooie woord.

Aan die ander kant, Dawid se kerk was vol goddelike berou oor sonde en ‘n diepe begeerte om die Vader te ken. Toe Dawid op sy sterfbed was, het hy met Salomo gepraat oor intimiteit met die Here. “My seun, ek wil vir jou vertel wat die geheim van my bediening is, waarom God met my was oral waarheen ek gegaan het.” Luister na ‘n paar van Dawid se laaste woorde aan sy seun: “Die Gees van die HERE spreek in my, en sy woord is op my tong” (2 Samuel 23:2).

Dawid het in wese gesê, “Ek het nie op my wysheid en kennis vertrou nie; trouens, ek het op geen deel van my vlees vertrou nie. Ek was ‘n swak man, maar ek het op die Heilige Gees vertrou! Elke woord wat ek gespreek het, was onder Sy leiding en salwing. Sy woorde het my mond gevul!”

Al die ware skatte van wysheid en kennis is verborge in Jesus Christus (sien Kolossense 2:3) en dit is vir ons beskikbaar.