WARE, OORVLOEDIGE LEWE

Gary Wilkerson

Wanneer die Gees ons dring om in liefde te praat, moet ons dit doen. Onlangs was ek en my vrou, Kelly, uit vir ete, toe ek gedring was om vir een van die kelners in ons omgewing te sê, dat Jesus hom liefhet. Hy het nie geantwoord nie, maar later het ek gesien hoe hy van die ander personeel vertel wat ek gesê het en dit het ‘n paar nuuskierige kyke na ons kant toe ontlok. Toe het ‘n interessante ding gebeur. Terwyl ons op pad uit was, het ‘n ander kelner my voorgekeer en gevra of ek vir hom sal bid!

Dit is die verskil tussen godsdiens en Jesus se liefde. Om Jesus lief te hê, beteken jy getuig van Hom, selfs wanneer dit jou ‘n bietjie mal laat lyk – en dan sien hoe die krag van God werk.

Sommige dink dat om ‘n Christen te word, moet jy geestelike wette ken of ‘n sekere gebed bid. Maar dit is nie hoe Jesus geloof verduidelik het aan Nikodémus, ‘n Joodse intellektueel, goed opgevoed in godsdiens nie. Dit was vir Nikodémus moeilik om te verstaan wat Jesus daarmee bedoel het om “weergebore” te wees. “Hoe kan ‘n mens as hy oud is, gebore word? Hy kan tog nie ‘n tweede keer in die skoot van sy moeder ingaan en gebore word nie?” (Johannes 3:4).

Nikodémus het probeer om God se weë te verstaan met sy intellek, maar Jesus het uitgewys dat God se weë nooit bewerkstellig word deur ons vlees nie: “Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie. Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees” (3:5-6).

Vriend, ons is iets baie beter gegee as godsdiens. Dit is tyd om op te staan uit die dood om Hom na hoër grond te volg. Die hart van wat Jakobus noem “reine en onbesmette godsdiens voor God” (Jakobus 1:27, my beklemtoning), is om die liefde wat ons ken te neem en dit vrylik en oorvloedig met ander te deel. Dit verwyder alle vrees oor wat ons “vir die Here moet doen,” en vervang dit met ‘n hart om sy liefde te ontvang en te gee. Dit is ware, oorvloedige lewe!