WANT JY IS GOD SE GELIEFDE KIND

David Wilkerson (1931-2011)

Die Skrif maak dit duidelik dat die antwoord tot alles in ons lewens, gebed gemeng is met geloof. Die apostel Paulus skryf, “Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God” (Filippense 4:6). Paulus sê in wese vir ons, “Soek die Here oor elke aspek van jou lewe en dank Hom voor die tyd dat Hy jou verhoor.”

Paulus se beklemtoning is duidelik: Bid altyd eerste – nie as ‘n laaste uitweg nie. Jesus sê vir ons, “Maar soek eers die koninkryk van God en al sy geregtigheid, en al die ander dinge sal vir julle bygevoeg word” (Matthéüs 6:33).

Waarom is dit so moeilik vir Christene om God te soek vir hulle desperate behoeftes? Die Bybel staan immers as een lang getuienis dat God die geroep van sy kinders hoor en hulle verhoor met innige liefde.

  • “Die oë van die HERE is op die regverdiges, en sy ore tot hulle hulpgeroep” (Psalm 34:16).
  • “Hulle roep, en die HERE hoor, en Hy red hulle uit al hul benoudhede” (vers 18).
  • “Die gebed van die opregtes is Hom welgevallig” (Spreuke 15:8).

Die Bybel gee vir ons baie beloftes wanneer dit by gebed kom, maar dit gee ons ook waarskuwings oor die gevaar van gebed verwaarloos: “Hoe sal ons ontvlug as ons so ‘n groot saligheid veronagsaam”? (Hebrews 2:3). Die Griekse woord vir “veronagsaam” hier, beteken “van min belang ag; om ligtelik op te neem.”

Hoe kan God se eie kinders daarop aanspraak maak dat hulle Hom liefhet en glo in sy beloftes, maar nooit tot sy hart nader nie?

Die skrywer van Hebreërs vra dat ons “toetree met ‘n waaragtige hart in volle geloofsversekerheid” (sien Hebreërs 10:22). God se deur is altyd oop vir sy kinders en, maak geen fout nie, Hy is uiters getrou. Gaan gereeld na jou binnekamer toe en soek Hom met jou hele hart. Jou antwoord sal dalk nie oornag kom nie, maar God sal sy werk op sy tyd en op sy manier doen – omdat jy sy geliefde kind is.