WANNEER JESUS OP DIE TONEEL KOM

David Wilkerson (1931-2011)

Ons lees in die boek Markus dat ‘n ontstelde vader sy duiwelbesete seun na Jesus se dissipels gebring het om hom te bevry. Die seun was nie net bloot onrustig of rebels nie, hy was vol bose geeste wat al sy aksies beheer het. Sy toestand was goed bekend dwarsdeur die gebied en hy was as heeltemal hopeloos beskou. Beide doof en stom, het hy slegs geroggel. Fisiek was hy uitgeteer en sy vader moes hom heeltyd vashou omdat die demone probeer het om hom in die naaste river, meer of oop vuur te gooi. Wat ‘n verskriklike toestand!

Ek wonder hoeveel keer hierdie vader in ‘n dammetjie moes spring en sy seun uithaal om hom weer by te bring. Dit was waarskynlik ‘n voltydse werk net om te keer dat die kind homself doodmaak. Sy ouers se harte moes gebroke gewees het om hulle geliefde seun in so ‘n verskriklike toestand te sien, met niemand wat kon help nie.

Toe die man sy seun na die dissipels gebring het, het Satan veroorsaak dat hy by die mond skuim, sy tande kners en stuiptrekkings kry. Die dissipels het vir die kind gebid, maar niks het gebeur nie. Gou het die twyfelende skrifgeleerdes begin vra, “Waarom word die seun nie gesond gemaak nie? Is die duiwel magtiger in hierdie soort situasie?”

Toe het Jesus op die toneel verskyn! Toe die seun se vader vir Jesus vertel het dat die dissipels nie sy seun kon genees nie, het Jesus bloot gereageer, “As jy kan glo, alle dinge is moontlik vir die een wat glo” (Markus 9:23). Toe het Jesus die onmoontlike ‘n werklikheid gemaak: “Toe...het Hy die die onreine gees bestraf en vir hom gesê: Jou stom en dowe gees, Ek gebied jou, gaan uit hom uit en kom nooit weer in hom nie” (9:25). Die seun het toe op die grond neergeval, “Maar Jesus het hom by die hand gegryp en hom opgerig” (9:27).

Dink aan die blydskap in daardie familie! Ek is seker die vader het die skoon, bevryde seun omhels met ‘n hart wat oorloop van vreugde. As ouers, kan ons verseker wees dat God vertrou kan word met ons kinders.