Wandel in die Gees

“As ons deur die Gees lewe, laat ons ook deur die Gees wandel” (Galasieërs 5:25). Hier is ʼn baie eenvoudige opdrag van die apostel Paulus. Hy sê vir ons onomwonde, “As die Heilige Gees in jou leef, laat hom volle beheer oor jou lewe neem. Almal van ons moet deur die Gees gelei word”.

Die Heilige Gees is gestuur om ons voortdurende, onfeilbare gids te wees en hy woon in almal wat Christus as Here en Verlosser bely. Die Gees eien ons liggame as sy woonplek toe en hy heers en woon in ons harte. Meeste Christene aanvaar sondermeer dat die Heilige Gees ons na Jesus lei. En ons glo ook sondermeer dat die Gees voortdurend in ons werk, elke oomblik. Meeste van ons het hom al telkemale aangeroep om ons in ons tye van krisis te troos. Ons gee eer aan die Gees, ons preek oor hom, ons leer oor sy gawes en vrug. Ons bid tot hom, soek hom, smeek hom om die hemele te skeur en sy Kerk te laat herlewe. En baie Christene het egte openbarings van die Gees ervaar. Maar dit blyk vir my dat ons maar min weet van wat dit beteken om met die Gees wandel.

As ek jou vra wat dit beteken om in die Gees te wandel, sou jy dit kon beskryf?Sou jy dit duidelik aan enige iemand, wat vir jou sou vra, kon verduidelik?

Deur die waarheid omtrent in die Gees wandel te verstaan, kan vele mense verlos word van verwarring, twis, ellende, onbeslistheid, selfs die luste van die vlees.So, wat is die waarheid? Paulus het dit duidelik saamgevat, “Laat ons ook in die Gees wandel” (Galasieërs 5:25).

Daar is net twee maniere vir ʼn Christen om te wandel: in die vlees of in die Gees.

Die vlees het sy eie hardkoppige wil en maak soos dit lus het. Die vlees doen wat dit verkies en vra dan God om daardie keuses te seën. Die vlees staan op en verklaar, “Die Here het my ʼn gesonde verstand gegee en ek maak my keuses verstandig.Ek hoef nie vir leiding op Hom te wag nie.God help die wat hulself help”.

Ons wandel bestaan uit alles wat ons sê en doen, uit daaglikse keuses wat ons maak – kortliks, ons wesenlike lewenstyl.

Maar om in die Gees te wandel staan reëlreg hierteenoor. Ons gee ons wil aan die Heilige Gees oor en vertrou sy stille, sagte stem om ons in alles te rig. Inderdaad, die Heilige Gees is gestuur om ʼn volledige regering van Christus in ons lewens te vestig. Die bybel leer ons, “Deur die Here word die gange van die mens bevestig, en Hy het ʼn welbehae in sy weg” (Psalm 37:23), en die Gees doen hierdie bevestiging. Hy begeer om ons in elke stap te rig en lei.

Eenvouding gestel - ons moet in algehele onderdanigheid aan die Heilige Gees wandel, net soos Christus in volgehoue, absolute onderdanigheid aan die Vader gewandel het.

Jesus getuig, “Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, die Seun kan niks uit Homself doen tensy Hy die Vader dit sien doen nie. Want alles wat Hỳ doen, dit doen die Seun ook net so” (Johannes 5:19). “Ek kan uit myself niks doen nie. Soos Ek hoor, oordeel Ek; en my oordeel is regverdig, omdat Ek nie my wil soek nie, maar die wil van die Vader wat My gestuur het” (5:30).“Want Ek het uit die hemel neergedaal, nie om my wil te doen nie, maar die wil van Hom wat My gestuur het ……. Ek deur die Vader lewe” (6:38, 57).

Hoe kan ons dan enigsins dink dat ons nie op die Vader hoef staat te maak vir alle dinge, wanneer Christus self sy afhanklikheid getuig?As geliefdes en volgelinge van Jesus, kan ons waag om te dink ons kan doen wat ons Redder en Here nie kon doen nie? Jesus het op die Vader gewag, altyd nagestreef om een in gedagte met God te wees.

As ons eerlik is, sal ons erken dat die hemel die laaste plek is waarnatoe ons ons gewoontlik wend vir leiding. Gewoonlik wend ons ons tot raadgewers, of ons spandeer ure op die telefoon met vriende, soekende na raad: “Wat dink jy? Is dit ʼn goeie idee vir my om daardie rigting in te slaan? Dink jy ek moet dit doen?” Dit is so jammer dat ons laaste keuse is om na die Heilige Gees te gaan, dit is te sê as ons hoegenaamd na hom toe gaan.

In Numeri 9 lees ons van ʼn wolk wat in die wildernis neergedaal het en die tabernakel oordek het. Die wolk het God se voortdurende teenwoordigheid by sy volk versinnebeeld. En vir ons vandag verteenwoordig die wolk ʼn tipe werking van die Heilige Gees in ons lewe.

In die nag het die wolk oor die tabernakel in die wildernis ʼn vuurkolom geword, ʼn warm gloed in die donkerte: “So was dit altyddeur: die wolk het dit oordek, en snags ʼn gedaante van vuur” (Numeri 9:16).

Die kinders van Israel het altyd hierdie bonatuurlike wolk gevolg, waarheen dit hulle ookal gelei het. Wanneer dit bo die tabernakel opgestyg het, het die volk kamp afgeslaan en dit gevolg. En wanneer die wolk gestop het, het die volk hulle tente opgeslaan. Hulle het getrek of oorgebly na aanleiding van sy duidelike aanwysing.

“Volgens die bevel van die Here, het die kinders van Israel weggetrek en volgens die bevel van die Here laer opgeslaan; al die dae wat die wolk oor die tabernakel gerus het, het hulle in die laer gestaan. En as die wolk baie dae oor die tabernakel bly, het die kinders van Israel die diens van die Here waargeneem en nie weggetrek nie” (9:18, 19).

Die Israeliete was versigtig om net as die wolk beweeg te trek, want hulle het geweet dat dit God is wat aanwys. Dit kon elke dag of elke week beweeg, en dan vir maande aaneen nie beweeg nie. Dag en nag het die volk slegs getrek soos dit hulle aangewys het.

“Of na twee dae of na ʼn maand of langer – as die wolk lank oor die tabernakel bly, het die kinders van Israel in die laer gestaan en nie weggetrek nie; en as dit optrek, het hulle weggetrek. Volgens bevel van die Here het hulle laer opgeslaan, en volgens bevel van die Here het hulle weggetrek. Hulle het die diens van die Here waargeneem volgens die bevel van die Here deur Moses” (9:22, 23).

Daardie wolk in die Ou Testamentiese tye was uiteindelik na die hemel opgehef. Maar ʼn ander wolk het eeue later vanuit die hemel neergedaal, in die Bokamer in Jerusalem. Die Heilige Gees – dieselfde Gees wat oor die wildernis tabernakel gehang het – het neergedaal en oor sowat 120 aanbidders gehang wat in die Bokamer na Jesus se dood vergader het. Hierdie wolk het verder afgesak in elke kamer in waar mense gesit het, en dit het bo-op die mense se koppe soos gesplete tonge van vuur vertoef.

Die Griekse woord vir “gesplete” beteken “deeglik versprei”.In kort, hierdie wolk van vuur het verdeel en op elke persoon in die Bokamer gerus. Toe het die vlamme die mense se liggame in besit geneem.

Op hierdie tydstip was Jesus se volgelinge “in die Gees” met die Heilige Gees wat in hul woon. Tog is dit een ding wanneer die Gees in jou te vertoef en iets heeltemal anders om totaal onderworpe aan die Gees te lewe. Jy kan met die Heilige Gees gevul wees, maar dit beteken nie dat jy in gehoorsaamheid aan sy leiding wandel nie en toelaat dat jy deur hom regeer word.

Ons wat Jesus vandag liefhet, het ook ʼn wolk om te volg. Ons mag deur die Heilige Gees gevul wees – in die Gees bid en sing, of openbaringe van die Gees ervaar – maar ons moet ons nog steeds verbind om aan sy opdragte ondergeskik te wees. As ons nie op sy aanwysings in alle dinge wag nie, wandel ons eenvoudig nie in die Gees nie. Paulus se opdrag maak hierdie onderskeid duidelik, “As ons deur die Gees lewe, laat ons ook deur die Gees wandel” (Galasiërs 5:25).

Ek het die Here gevra om die betekenis van Paulus se woorde “laat ons ook deur die Gees wandel” aan my te openbaar. Namate ek hierdie onderwerp aangepak het, het ek gebid, “Here, maak dit duidelik en verstaanbaar vir my”. Ek glo die Gees het my soos volg geantwoord: die goue sleutel om ons wandel in die Gees te verstaan, is nie ingewikkeld nie. Dit vereis nie teologies opleiding nie. Inteendeel, dit is so eenvouding dat die meeste van ons dit nie raak sien nie. Dus, as ons in staat is om hierdie een waarheid te begryp, kan ons ʼn lewe leef wat vry van benoudheid is, vol versekerde aanwysings en gekenmerk deur volkome rus. Die Gees het hierdie drie eenvoudige woorde in my ingeprent: Sê net ja!”

Toe hierdie woorde in my bewussyn geflits het, het ek geantwoord, “Here, dit is waarlik eenvouding.Maar wat beteken dit?”

Dit alles verwys terug na die brief wat Paulus aan die Galasiërs gskryf het. Die apostel het vrymoediglik gesê, “Want hoeveel beloftes van God daar ook mag wees, in Hom is hulle ja en in Hom amen, tot heerlikheid van God deur ons” (2 Korinthiërs 1:20). Wandel in die Gees volgens Paulus, begin wanneer ons vol vertroue, ʼn onherroeplike “geestelike ja” op al God se beloftes gee.Dit beteken om ʼn onweifelbare sekerheid te hê dat die Here elke belofte in sy Boek aan ons sal hou. Dit is om te sê, “Vader, ek het U beloftes gelees en ek sê ja op almal van hulle. Ek glo U woord aan my”.

Dink na oor Jakobus se vermaning, “Maar hy moet in die geloof bid, sonder om te twyfel; want die een wat twyfel is soos ʼn golf van die see wat deur die wind gedrywe en voortgesweep word. Want dié mens moenie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie” (Jakobus 1:6, 7)

Nou weet ons wat ʼn “geestelike ja” is. Dus, wat bedoel Paulus met die “Amen” in dieselfde vers? Die woord self beteken letterlik, “Laat dit so wees. Jy kan dit vertrou”. In die konteks van die sinsnede beteken “Amen” om te sê, “Ek glo U woord aan my, Here. Laat dit so wees in my lewe”.

Oorweeg hierdie beloftes wat God aan ons gemaak het en sien of jou antwoord op hulle “Ja en Amen” is:

  1. 1. Die Here het jou met die Heilige Gees bevestig, verseël, vervul en gesalf. “Maar Hy wat ons saam met julle bevestig in Christus en ons gesalf het, is God, wat ons ook verseël het en die Gees as onderpand in ons harte gegee het” (2 Korinthiërs 1:21-22).

    Jy kan nie in die Gees wandel as jy nie met die Gees vervul is nie. En die waarheid is dat die Heilige Gees deurentyd met ons is, selfs wanneer ons in sonde verval het. Eintlik, het ons hom net soveel nodig as ons verkeerd gehandel het as wanneer ons reg gehandel het.

    Ek vra jou: is die beloftes in hierdie paragraaf vir jou ‘n uitgemaakte “ja en amen”? Is daar geen moontlikheid van ‘n “miskien” in jou gedagtes nie? Indien al die beloftes van die Here ja en amen is, dan moet dit ook so in ons lewe wees. Ons moet vir onsself uitklaar, “Ja, die Heilige Gees lewe in my. Ek is ‘n heilige temple. Derhalwe, maak dit nie saak hoe ek dag na dag voel nie. Die Heilige Gees het oor my gekom, my vervul en my gesalf”.

  2. Jesus het belowe dat die Heilige Gees sou “by julle … bly tot in ewigheid ……... Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het” (Johannes 14:16-17, 26). Kortliks, die Gees vul ons gedagtes met waarheid en lei ons ooreenkomstig daardie waarheid. Dus, het jy jou met ’n geestelik “ja” aan hierdie belofte verbind? Kan jy sê, “Amen, Here, laat dit so in my lewe wees”?

  3. Jesus het belowe dat die Gees sou die binne-stem wees wat ons lei, wat Christus verheerlik, en ons die dinge wat kom, sal wys. “Maar wanneer Hy gekom het, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei; ……… en die toekomstige dinge aan julle verkondig” (16:13). Twyfel jy nog steeds of so ‘n groot belofte waar kan wees? Klink dit te goed om waar te wees dat die Gees elke tree van jou lewe wil rig? Of kan jy sê, “Ja, Here, laat dit so wees”?

  4. God het belowe om jou in al jou weë te rig. “Ken Hom in al jou weë, dan sal Hy jou paaie gelykmaak” (Spreuke 3:6). Het jy jou hele kom en gaan aan sy rigtinggewing onderwerp – letterlik, elke tree van jou week, jou dag, hierdie oomblik? Het jy jou ten volle verbind tot hierdie soort wandel? Is dit ja en amen vir jou?

Soos ek, mag jy wonder, “Wat van sekerheidsmaatreëls in my wandel? Hoe kan ek seker wees dit is die Gees wat praat en nie ‘n ander nie?”

Eerstens, die Heilige Gees kan nie, en sal nie, enige gelowige wie nie geheel en al aan sy wil oorgegee is, regeer nie. Die Gees praat met diegene wat bereid is om sy stem te gehoorsaam. En iets anders het my bekommer toe ek oorweeg het hoe om hierdie wye onderwerp, om in die Gees te wandel, aan te pak. As hierdie wandel totale sekerheid vereis om sy stem te hoor en deur hom gelei te word, hoe kan ons teen bedrog beskerm word? Hoe sal ons weet dit is die stem van die Gees wat ons hoor, en nie ons eie of die duiwel s’n nie?

Ek is oortuig dat by menigte christene twyfel ontstaan het om na die Gees te luister weens slegte ondervindinge in die verlede. Hulle wonder, “Hoe kan ek weet dis die Gees wat hierdie keer praat? Ek het gedink dat ek laaskeer duidelik gehoor het, maar toe was dit glad nie Hy nie. Ek het bedrieg gevoel”. Ander is afgesit deur die oordrewe manewales van die wat rondloop en sê, “God het my aangespreek”.

Hierdie belangrike saak vereis weereens van ons ‘n onomwonde “Amen” dat ons God se belofte van beskerming vertrou.

Paulus wys daarop dat sodanige vertroue vereis ʼn daad van geloof: “Behalwe dit alles neem die skild van die geloof op waarmee julle al die vurige pyle van die Bose sal kan uitblus” (Efésiërs 6:16). Hierdie is ʼn belofte van die Here dat hy ons van misleiding en dwaling sal beskut.

Die stem van Satan skreeu aanhoudend aller hande beskuldigings teen ons.Die enigste manier om hierdie vuurpenne af te weer is om ons te wend na die beloftes wat God vir ons voorhou: dat geen wapen wat teen ons gesmee word iets sal uitrig nie. Satan se wapens sluit veroordeling en leuens in, en die Heilige Gees is getrou en onthul dit aan ons.Die stem van die vyand moedig jou aan om impulsief op te tree, sonder om God se woord te raadpleeg. Maar elke woord van die Gees sal deur die Bybel bevestig word.

Dit bring ons by die stem van ons vlees. Soos die vyande van ons siele, roep die vlees uit om gehoor te word. Dit dring deurentyd aan dat dit in orde is om sy begeertes van tyd tot tyd te bevredig en al wat ons nodig het is ‘n vriend wat met ons saamstem, en God sal dan ons besluit seën.

Die Here gee ons nog ‘n groot en kosbare belofte hier. Die Skrif sê die Gees veg binne ons teen alles wat van die vlees is: “want die vlees begeer teen die Gees, en die Gees teen die vlees; en hulle staan teenoor mekaar, sodat julle nie kan doen wat julle wil nie” (Galasiers 5:17). Paulus sê dat die stryd teen die vlees is nie ons stryd nie. Net die Heilige Gees kan die vlees doodmaak.

Die stem van die Heilige Gees sal by jou aandring dat jy oor sy woorde bid en bevestig dat dit ook in God se Woord is. Ons is al hierdie beloftes om beskerming gegee, vir elke moontlike omstandigheid. En dit is daar tot ons beskikking vir elke konflik wat voorkom ongeag hoe groot of hoe klein.

Wanneer ook al die vlees of die duiwel soos ‘n vloed kom, is die Heilige Gees altyd getrou om die stryd aan te sê en die aanval te verpletter indien ons hom vertrou.

Vandag is daar ʼn hele geslag Christene wat besluite neem sonder om die Heilige Gees te raadpleeg. Baie gelowiges handel weens vrees of moedeloosheid, sonder geloof in God se beloftes. Hulle besluit eenvoudig op hul eie, gebasseer op wat hulle dink die beste is.

Wat is die uitkoms vir sulke gelowiges? Wat gebeur wanneer God se diensknegte buite die volkome regering van die Heiige Gees optree – wanneer hulle hul eie planne maak en weier om toe te gee aan die leiding en aanwysing van die Heilige Gees? Hulle versteur ʼn geestelik byenes wat nie rus meebring nie maar ellende, pyn en verwarring.

Daar was heelwat geleenthede waartydens ek nie na die Heilige Gees se stem geluister het nie. Inteendeel, ek kan ʼn boek skryf oor al die geleenthede wat ek koers gekies het om my eie ding te doen, my eie kop gevolg het, en sake vreeslik verkeerd geloop het.

Nietemin, ek het deur die jare geleer om na die stil, sagte stem van die Heilige Gees te luister. En ek het beslis om “ja” en “amen” te sê op sy absolute beheer in my lewe. Ek weet hy sal my in alle waarheid lei, dat hy my die pad waar hy wil hê ek moet heengaan sal wys, en dat hy aan my sal bekend maak dit wat nog moet kom wat hy wil hê ek moet weet. Ja, ek kan getuig dat so ʼn lewe moontlik is. En, soos hy my geleer het, sê ek net ja. Sal jy?