WAKKER DIE GAWE VAN GOD AAN

Carter Conlon

Paulus het vir Timótheüs gesê, “Om hierdie rede herinner ek jou daaraan om die genadegawe van God aan te wakker wat in jou is deur die oplegging van my hande” (2 Timótheüs 1:6).

My word vir jou is dieselfde vandag: Wakker die gawe van God aan. Wanneer God sy hand op jou plaas, plaas Hy ‘n deposito van Sy lewe binne-in jou – die vermoë om die bonatuurlike te doen.

So hoe wek jy die gawe van God op? Dit begin deur te sê, “Here, ek wil dit hê! Ek wil hê my lewe moet wees wat U dit geroep het om te wees. Ek wil nie bloot saamsmelt met hierdie samelewing en uiteindelik geen verskil maak nie. Ek wil die mag hê om uit te staan as ‘n volgeling van Jesus Christus.”

Dit was my gebed oor die loop van my hele Christen lewe: “Here, wakker my aan. Neem my na ‘n ander plek: moenie dat ek stagneer nie. Moenie dat ek leef op gister se genade en op gister se oorwinning nie. Vandag is ‘n nuwe dag; daar is nuwe mense wat ek gaan ontmoet. Wek die deernis in my hart op. Gee vir my oë om mense te sien soos U hulle sien. Moenie dat ek bang wees vir mense se gesigte nie. U leef binne-in my; U het vir my U Heilige Gees gegee; en U het my op die aarde gelaat vir ‘n rede – so help my om die rede waarom ek in leef in hierdie generasie leef, vas te gryp!”

Onthou, die enigste ding wat die ware kind van God keer, is ongeloof. En daarom moet ons vir God vra vir die genade om Hom te eer en ten volle gebruik te maak van die deposito wat Hy vir ons gegee het. Dit is hoe siele opgewek sal word – as hulle die werklikheid van Jesus in ons sien!

 

Carter Conlon het aangesluit by die pastorale personeel van Times Square Church in 1994 op uitnodiging van die stigterspastoor, David Wilkerson en was aangestel as Senior Pastoor in 2001.