WAGTEND OP ‘N GLORIERYKE DAG

David Wilkerson (1931-2011)

“Laat julle hart nie ontsteld word nie; glo in God, glo ook in My. In die huis van my Vader is daar baie wonings; as dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesê het. Ek gaan om vir julle plek te berei” (Johannes 14:1-2).

Baie van ons het al verskeie kere getrek gedurende ons leeftyd, maar wanneer ons by die hemel uitkom, sal ons nooit weer hoef te trek nie. Jesus sê vir ons dat Hy gegaan het om ‘n plek vir ons te berei en dit is ‘n permanente huis. ‘n Christen vrou het gevra, “As daar ontelbare menigtes mense in die hemel gaan wees, hoe is dit moontlik dat God ‘n blyplek vir almal kan maak? Hoe kan daar genoeg plek wees vir so baie wonings?

Laat ons kyk na Jesus se woorde oor die saak: “Ek gaan vir jou ‘n plek berei.” Hierdie woorde behoort iets vir ons te beteken. Sommige Bybelkenners interpreteer Jesus se betekenis hier as “baie woninge.” Dit mag of mag nie akkuraat wees nie, maar ek weet dit vir verseker: As Jesus dit bou, kan ons seker wees dit is glorieryk!

As jy die plek wat die Here vir jou berei in die hemel voor jou geestesoog sien, moenie dink aan baksteen geboue of iets soortgelyks nie. Liewer, sy inwoners is van ‘n heel ander realm. As beperkte mense, kan ons onsself nie voorstel ‘n realm waarin die liggaam deur alle materiële stowwe onverhinderd beweeg nie. (Jesus het dit gedoen na sy opstanding, en Hy sê in die hemel sal ons verheerlikte liggame soos syne wees.) Dit is ‘n realm wat geen wetenskaplike al ontdek het nie, een baie anders as enigiets wat ons kan begryp.

Die belangrikste punt wat Jesus oor die hemel maak, is, “Dit is ons tuiste! Jy gaan ewig leef waar Ek leef.” “En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is” (14:3). Eenvoudig gestel, daar is ‘n tuiste in die ewigheid vir elkeen van ons. Jesus het in wese gesê, “Wanneer daardie dag aanbreek – wanneer jy hier by My is – sal Ek persoonlik vir jou wys wat Ek vir jou gebou het.” Dit sal waarlik glorieryk wees!