WAG OP DIE HEILIGE GEES

Jim Cymbala

Ek kom agter dat die meeste gelowiges nie meer as vyf persent verander van wat hulle geglo het toe hulle slegs twee jaar lank in die Here was nie. Wanneer gekonfronteer word met Bybelverse en waarheid wat vir ons ongemaklik is, kruip ons weg agter, “Maar dit is die manier waarop ons dit nog altyd doen. Dit is wat ons nog altyd glo.”

Wanneer ons die Bybel optel en nie vir die Gees se hulp vra nie, is dit soos om te sê, “God, doen ‘n nuwe ding in my, maar ek gaan niks verander aan wat ek glo nie.” Dit is ‘n vreemde gebed, is dit nie? Geen wonder ons groei so min in ons geloof en sien so min mense hulle tot Christus bekeer nie.

Dikwels kry ons ons definisies vir belangrike dinge, nie deur wat die Gees vir ons wys in die Skrif nie, maar deur dit wat ons beleef het toe ons grootgeword het in die kerk. “O, dit is hoe aanbidding moet lyk, want dit is die manier waarop ons dit nog altyd doen in die kerk wat ek bywoon.” Dit is vir ons almal moeilik om na die Woord van God te kom en te sê, “Heilige Gees, leer my, selfs as dit indruis teen alles wat ek gekondisioneer is om te glo.” En tog moet ons.

Dit verg tyd vir die Heilige Gees om vir ons die boodskap van ‘n gedeelte te leer. As ons nie op die Heilige Gees wag en Hom vertrou nie, kan ons koud word en gemeenskap met God verloor selfs al het ons stilte tyd elke dag.

Die apostel Paulus het geskryf, “Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor en in die hart van ‘n mens nie opgekom het nie, wat God berei het vir die wat Hom liefhet. Maar God het dit aan ons deur sy Gees geopenbaar, want die Gees ondersoek alle dinge, ook die dieptes van God” (1 Korinthiërs 2:9-10).

Elke keer wat ons die Bybel oopmaak, kom laat ons stop en bid, of dit nou vir vyftien sekondes of vyftien minute is, en die Gees vra om ons te leer. “Leer my ‘n goeie insig en kennis, want ek glo aan u gebooie” (Psalm 119:66). Dan sal ons lewens meer soos Jesus wees elke dag.

Jim Cymbala het die Brooklyn Tabernacle begin met minder as twintig lede in ‘n klein bouvallige gebou in ‘n ongure deel van die stad. Hy is oorspronklik van Brooklyn en is ‘n jarelange vriend van beide David en Gary Wilkerson.