WAAROP BOU ONS ONS LEWENS?

Gary Wilkerson

“Lê dan af alle boosheid en alle bedrog en geveinsdheid en afguns en alle kwaadpratery; en verlang sterk soos pasgebore kindertjies na die onvervalste melk van die woord, dat julle daardeur kan opgroei, as julle ten minste gesmaak het dat die Here goedertieren is. Kom na Hom toe, die lewende steen wat deur die mense wel verwerp is, maar by God uitverkore en kosbaar is; en laat julle ook soos lewende stene opbou, tot ’n geestelike huis, ’n heilige priesterdom, om geestelike offers te bring wat aan God welgevallig is deur Jesus Christus. Daarom staan dit ook in die Skrif: Kyk, Ek lê in Sion ’n uitverkore en kosbare hoeksteen, en die wat in Hom glo, sal nooit beskaam word nie” (1 Peter 2:1-6).

Deur die inspirasie van die Heilige Gees, noem Petrus Jesus ‘n lewende steen, ‘n beeld wat baie waardevol kan wees in jou hart as jy dit werklik verstaan. Christus is ‘n steen – ferm en onbeweeglik – onveranderlik in al sy weë! En Petrus beklemtoon dat Hy ‘n lewende steen is, ‘n lewegewende Gees, wat almal van ons absoluut, passievol liefhet.

In vandag se kultuur, verwerp mense die steen en hulle besef dit nie eens nie. Die steen waarop hulle hul lewens bou, bestaan uit hulle eie begeertes, hulle eie drome en aspirasies. Hulle kies waar hulle die steen wil neersit, maar Jesus vereis van ons om Hom te volg, om ons planne aan Hom te onderwerp. Hy het jou uitgekap, jou uit sy steengroef uitgetrek en jou geroep tot in hierdie geestelike huis wat God besig is om te bou.

Julle is geroep om een liggaam te wees, om mekaar innig lief te hê en dit is waarom Petrus hierdie hoofstuk begin deur te sê, “Laat staan kwade gevoelens teenoor ander; laat staan bedrog; laat staan skynheiligheid en laster. Hierdie dinge is hout, strooi en stoppels.”

Wanneer jy jou lewe opoffer vir Jesus en op sy fondament bou, word jy deel van ‘n geestelike huis, heilig en rein en aan die brand vir God.