WAAROM WAS JESUS WEGGELEI NA ‘N WOESTYNBELEWENIS?

David Wilkerson (1931-2011)

“Toe is Jesus deur die Gees weggelei die woestyn in om versoek te word deur die duiwel” (Matthéüs 4:1). Wat ‘n ontsaglike vers. Matthéüs sê met vrymoedigheid dat God se Gees Christus in ‘n woestynbelewenis ingelei het, waar Hy ernstige versoekings moes beleef. Dit is selfs nog meer verstommend dat hierdie vers direk volg op ‘n toneel van groot heerlikheid toe Jesus pas gedoop is in die Jordaanrivier. Toe Hy uit die water opgekom het, het die hemel geopen en die Gees van God het soos ‘n duif op Hom neergedaal en op sy skouer gaan sit. “Dit is my geliefde Seun in wie Ek ‘n welbehae het” (Matthéüs 3:17).

‘n Mens sou kon wonder, as God so ‘n welbehae in Jesus gehad het, waarom het Hy Hom gelei na ‘n woestynbelewenis? Laat my jou herinner dat Jesus die voorbeeld is vir ons lewens as gelowiges. “Soos Hy is, is ons ook in hierdie wêreld” (1 Johannes 4:17). Trouens, Christus was “in alle opsigte versoek...net soos ons, maar sonder sonde” (Hebreërs 4:15). Die boodskap uit die Skrif is dat almal wat in Christus is, ‘n moeilike belewenis sal ondergaan, net soos Jesus.

Sulke beproewings gebeur slegs met diegene wat in die Gees lewe en met die Here gemeenskap het. Wanneer die Heilige Gees ons egter in die woestyn in lei, het God ‘n ewige doel in gedagte. Moet egter nie ‘n fout maak nie; God versoek ons nie, dit is die duiwel wat ons versoek. “Laat niemand, as hy in versoeking kom, sê: Ek word deur God versoek nie. Want God kan deur die kwaad nie versoek word nie, en self versoek Hy niemand nie” (Jakobus 1:13).

Jesus sou Hom nie laat versoek deur groot sonde nie, want Hy was regverdig; sy versoekings sou in die geestelike realm wees. Dieselfde is waar vir ons vandag. ‘n Waarlik geestelike mens word waarskynlik nie versoek om dronk te word of dwelms te gebruik nie, maar sy versoekings sou meer soos dié wees wat Christus beleef het – om die Woord ongehoorsaam te wees of om jou afhanklikheid van die Vader te toets.

Moenie dat die duiwel jou beroof van jou salwing of jou roeping ondermyn nie. Staan op die Woord van God en jy sal oorwin – net soos Jesus.