WAAROM HET SARA GELAG?

David Wilkerson (1931-2011)

God se gesprek met Abraham aangaande sy toekomstige seun is ‘n les in geloof vir ons almal. Die patriarg het by die deur van sy tent gesit in die hitte van die dag toe daar skielik drie mans aan hom verskyn het waar hulle onder ‘n nabygeleë boom gestaan het. Abraham het uitgegaan om hulle te ontmoet en met hulle te gesels. Gedurende hulle gesprek, het die Here uitgevra oor waar Sara, Abraham se vrou, was, en hy het iets ongelooflik gesê: “Dan sal jou vrou ‘n seun hê” (Génesis 18:10).

Sara was in die tent en het na hulle gesprek geluister en toe sy dit hoor, het sy hardop gelag. “Onmoontlik,” het sy gedink. Beide sy en Abraham was verby die ouderdom van kinders kry, maar God het gepraat. “Toe sê die HERE vir Abraham: Waarom het Sara gelag...Sou iets vir die HERE te wonderbaar wees?” (18:13-14).

God vra dieselfde vraag vir sy kinders in hierdie hierdie dae: Is enigiets te wonderbaar vir die Here? Elkeen van ons beleef ons eie probleme in die lewe en te midde daarvan, vra God, “Dink jy jou probleem is te wonderbaar vir My om reg te maak? Glo jy Ek kan dit vir jou laat reg uitwerk, selfs al lyk dit onmoontlik?”

Jesus sê vir ons, “Die dinge wat by mense onmoontlik is, is by God moontlik” (Lukas 18:27). Glo jy hierdie woord van die Here? Aanvaar jy dat Hy die onmoontlike in jou familie, jou werk en vir jou toekoms doen?

Wanneer ons sien ons geliefdes beleef moeilike tye, is ons gou om vir hulle raad te gee, “Hou vas en kyk op! Hy is die God van die onmoontlike.” Sara sou waarskynlik dieselfde soort raad gegee het aan haar vriendinne, maar dit was vir haar moeilik om dit self te glo. Net so, verkondig Christene vandag moedig God se krag aan ander, maar glo nie sy Woord vir hulleself nie. Dit is noodsaaklik om te onthou dat niks in jou lewe buite God se vermoë is om te herstel nie!