WAARNA VERLANG JOU HART?

Gary Wilkerson

God se heerlikheid is ten volle geopenbaar in Jesus; ons hoef nie onsself in ‘n rotsskeur te verberg soos Moses nie  Ons hoef nie te wag dat water uit ‘n rots stroom nie; strome van Lewende Water vloei voortdurend vanuit sy inwonende Gees. God se hoogtste guns is nie in ‘n huis of kar of werk nie – dit is in sy teenwoordigheid en Hy weerhou dit nie van ons nie.

“En terwyl ons almal met onbedekte gesig soos in ‘n spieël die heerlikheid van die Here aanskou, word ons van gedaante verander na dieselfde beeld, van heerlikheid tot heerlikheid, as deur die Here wat die Gees is” (2 Korinthiërs 3:18).

DIE STRUIKELBLOK VAN BITTERHEID

Die Israeliete kon net soos Moses God se heerlikheid beleef het. Die Here wou hulle vergesel in die Beloofde Land in, maar hulle bitterheid het dit verhoed. Dit het voorheen ook gebeur. Toe hulle sonder water in die wildernis was, het die mense God onder verhoor geplaas. Die oorspronklike Hebreeuse taal stel voor ‘n “hamer” of “voorsittershamer,” wat beteken hulle het die Here beoordeel en veroordeel.

Wat ‘n verskriklike daad, veral vir ‘n volk wat so geseënd was deur God. Op ‘n tyd wat hulle Hom kon vertrou het in geloof, het hulle gekla, “In Egipte het ons ten minste kos en water gehad. Ons het veiligheid en sekuriteit gehad. Ons het huise gehad om in te bly.” Noudat daardie dinge weggeneem is, was die mense verteer met bitterheid. Hulle afgode het hulle oorweldig.

“Want hulle het gedrink uit ‘n geestelike rots wat gevolg het, en die rots was Christus” (1 Korinthiërs 10:4).

Waarna verlang jou hart? Is jou belangrikste behoefte ‘n finansiële doelwit, ‘n materiële begeerte? Of is dit die hoop van God se heerlikheid, wat alle lewe transformeer? Hy het jou oorvloedig geseën met onbeperkte guns. Daar is egter meer om te ken van ons groot God as aardse seëninge. Hy wil hê jy moet sy heerlike teenwoordigheid op alle gebiede van jou lewe ken.