WAARNA OM TE KYK WANNEER TWYFEL ONTSTAAN

David Wilkerson (1931-2011)

Noag het geleef in ‘n geslag wat buite beheer getol het. Geweld en moord was aan die orde van die dag en onbeskryflike boosheid het moedswillig versprei.

“Toe die HERE sien dat die boosheid van die mens op die aarde groot was ... het dit die HERE berou dat Hy die mense op die aarde gemaak het ... En die HERE sê: Ek sal die mens wat Ek geskape het, van die aarde verdelg, die mens sowel as die vee en die kruipende diere en die voëls van die hemel; want dit berou My dat Ek hulle gemaak het” (Génesis 6:5-7).

God het vir Noag gesê, “Ek gaan alle vlees vernietig, maar Ek sal jou en jou familie bewaar. Ek wil hê dat jy ‘n ark bou, Noag, jy moet al die diere spesies in twee’s daarin bymekaarmaak. Terwyl jy bou, sal Ek barmhartigheid betoon aan die bewoners van die aarde vir ‘n tyd lank en dan sal Ek reën stuur wat nie sal ophou vir veertig dae en nagte nie. Daar sal ‘n groot vloed wees en dit sal alle lewende wesens uitwis.” God het toe vir Noag die afmetings van die ark te gee – sy lengte, breedte en diepte – in die fynste besonderhede (sien Génesis 6:11-22).

Noag was die taak gegee om ‘n reusagtige ark te bou terwyl hy in ‘n gewelddadige, gevaarlike wêreld gewoon het. Hy moes dit aanvaar deur geloof, met geen verdere leiding vir baie jare nie. Ek is seker hy was gespot en gedreig, terwyl hy moeisaam gewerk het, maar hy het aangehou bou en geglo terwyl die wêreld rondom hom gedans, partytjie gehou en in hulle sensualiteit verlustig het.

God het vir hierdie man gesê, “Ek vra jou om My te gehoorsaam en as jy ooit begin om te twyfel, moet jy vertrou op wat Ek jou gesê het.” Dit was so onlogies en onredelik dat Noag soms moedeloos moes geword het en gewonder het of hy werklik van God gehoor het.

Het jy al ooit gevoel God het met jou gepraat en toe was daar stilte? Geen verdere leiding, geen teken uit die hemel nie? Wees bemoedig! Noag het getrou gebly en weens sy gehoorsaamheid, word hy gelys as ‘n oorwinnaar in die “Geloofsaal” en het hy ‘n “erfgenaam geword ... van die geregtigheid wat volgens die geloof is” (Hebreërs 11:7). In jou tyd van swaarkry, behou die hoop dat, net soos die groot helde wat genoem word, is die oorwinning steeds joune in Christus.