WAARHEID GEDULDIG NAJAAG

Gary Wilkerson

Die apostel Petrus sê vir ons, Aangaande hierdie saligheid het die profete wat geprofeteer het oor die genade wat vir julle bestem is, ondersoek en nagevors, en hulle het nagespeur op watter of hoedanige tyd die Gees van Christus wat in hulle was, gewys het, toe Hy vooruit getuig het van die lyde wat oor Christus sou kom en die heerlikheid daarna. Aan hulle is geopenbaar dat hulle nie vir hulleself nie, maar vir ons dié dinge bedien het wat julle nou aangekondig is deur dié wat die evangelie aan julle verkondig het in die Heilige Gees wat van die hemel gestuur is” (1 Peter 1:10).

Ons moet oplet dat hierdie profete geweet het waarvoor hulle geroep was – om God se Woord te profeteer en te spreek. Hulle het ‘n kragtige boodskap gespreek want hulle was seker van wat in hulle harte was en hulle wou seker wees hulle verstaan die impak daarvan voordat hulle dit voor die volk uitspreek. Hulle het noukeurig “ondersoek en nagevors” en geduldig die waarheid nagejaag. As ons nie versigtig is nie, kan ons die Woord van God terloops benader en slegs die gedeeltes lees waarvan ons hou. Maar as ons dit doen, sal ons die waarhede mis wat Hy wil hê ons moet verstaan. Daarom is dit belangrik dat ons die Woord pligsgetrou moet ondersoek.

Is daar ‘n gebied in jou lewe wat buite beheer is? Dit mag ‘n probleem wees met sonde of verhoudings. Of dalk is dit omdat jy nie gewillig is om jou hart oop te maak vir die volheid van die Woord van God en die Heilige Gees vra om die Woord van toepassing te maak op jou hart nie.

Ek glo waarklik dat God alles in die Skrif vir ons gegee het tot ons voordeel, ons lering, ons vermaning en teregwysing. Hy wil hê ons moet volkome volwasse word in Hom. Maar as ons nie gebruik maak van die hele waarheid nie, sal ons nie daarby baat vind nie. En as ons nie luister na die Heilige Gees wanneer ons die Woord bestudeer nie, kan ons dinge glo wat nie werklik daar is nie.

Dit is belangrik dat jy nie net die Woord van God hoor nie, maar dat jy die God van die Woord ken.