VYF ALGEMENE HINDERNISSE VIR SEËVIERENDE GEBED

David Wilkerson (1931-2011)

Dwarsdeur die Bybel, word God se kinders beveel om te alle tye te bid – in goeie en slegte tye. Maak nie saak wat ons situasie of toestand is nie, ons moet bid sonder ophou. “Wees altyddeur bly. Bid sonder ophou, Wees in alles dankbaar, want dit is die wil van God in Christus Jesus oor julle” (1 Thessalonicense 5:16-18).

Ek glo elke opregte Christen wil bid maar selfs volwasse gelowiges raak traag of vind dit soms moeilik. Na baie gebed en studie van God se Woord, glo ek die Here het hierdie onderwerp vir my duideliker gemaak. Hier is vyf algemene hindernisse vir seëvierende gebed:

  1. Dit moeilik glo dat jou gebed aanvaar word. Selfs nadat die evangelie van genade jarelank aan hulle verkondig is, het sommige Christene steeds ‘n gebrek aan vertroue dat hulle aanvaar word voor die Here.
  2. Skuldgevoelens omdat jy bid slegs wanneer jy in die moeilikheid is. Die Bybel sê vir ons, dat God “Hom gewend het tot die gebed van wie ontbloot is, en hulle gebed nie verag het nie” (Psalm 102:18). God sal nooit ons gebede verwerp net omdat ons dit tydens ‘n krisis bied nie.
  3. Verkeerdelik glo gebede moet vermoeiend of hardop wees. Soms is vurige gebed gepas, maar God sal ons hoor al verhef ons nie ons stemme nie. 
  4. Beklemtoning van stil gebed en uitsluiting van hardop bid. Ek glo stil, onuitgespreekte gebed is effektief; trouens, as Paulus praat van “bid sonder ophou,” glo ek hy verwys na stil gebede. Maar hardop bid kan soms ‘n geseënde verligting wees.
  5. Seëvierende gebed is onmoontlik sonder die hulp van die Heilige Gees. Paulus skryf, “En net so kom ook die Gees ons swakhede te hulp, want ons weet nie reg wat ons moet bid nie, maar die Gees self tree vir ons in met onuitspreeklike sugtinge” (Romeine 8:26).

Vra die Heilige Gees om jou te leer bid. Hy sal ‘n gees van danksegging in jou hart plaas en soos jy reageer op sy stem, sal jy vind dat ‘n rivier van goddelike gebed uit jou siel stroom.