VRYMOEDIGHEID EN VERTROUE

Gary Wilkerson

“Dat Hy wat ‘n goeie werk in julle begin het, dit sal voleindig ot op die dag van Jesus Christus; soos dit vir my reg is om dit van julle almal te dink, omdat ek julle in my hart dra” (Filippense 1:6-7).

Jy kan die liefde wat Paulus vir die Filippense gehad het hier sien. En weens hierdie groot liefde, ly hy saam met hulle weens die moeilike omstandighede waardeur hulle almal gaan.

‘n Aantal jare gelede het dierbare vriende van ons albei hulle werk verloor en moes hulle in ‘n klein woonstelletjie intrek saam met hulle kinders.

Natuurlik het ek saam met hulle gely en soos ‘n vader vir sy kind, wou ek iets beter vir hulle gehad het. Maar wat doen jy wanneer jy vir ander ly? In hierdie situasie, was my gebed vir daardie vriende iets soos die volgende: “Here, waarom? Wat is verkeerd? Here, kan U hulle nie help nie? Gee vir hulle elkeen ‘n werk.” Ek erken ek was baie bekommerd oor die situasie.

Vergelyk dit met Paulus se gebed: “Ek dank my God elke maal as ek aan julle dink – en ek bid altyd in al my gebede vir julle almal met blydskap” (Filippense 1:3-4).

Daar was geen angs, vrees, spanning, of gebrek aan vertroue nie. Paulus was baie dankbaar en het met groot blydskap gebid! Waar kom dit vandaan? Laat ons weer kyk na wat Paulus in vers 6 vir ons sê.

“Omdat ek juis hierop vertrou.” Vertrou waarop? 

“Dat Hy wat die goeie werk in julle begin het . . .” Paulus sê die rede waarom hy hierop kan vertrou en die rede waarom hy blydskap het, is HY . . . Jesus! Hy gee moed en vertroue.  

Die sekerheid kom tot gelowiges in Christus Jesus wanneer hulle hierdie vers kan uiter: “Ek kan hierop vertrou, dat HY. . .”

Die klem is op HY. Dit is HY wat dit gedoen het. Dit is nie die dokter nie. Dit is nie die finansiële genie nie. Dit is Jesus wat daardie goeie werk in jou begin het en Hy sal getrou wees om dit te voleindig!