VREDE VIR VANDAG DEUR GOD SE WOORD

Carter Conlon

Miskien vind jy dit moeilik om daagliks die Woord lees. God kan jou egter genade gee. Dit begin alles by ‘n eenvoudige gebed: “Here, sal U my help om die Bybel te lees? Sal U my gedagtes op U weë rig? Sal U my verder neem as wat ek nog ooit tevore was?”

Ek stel voor jy begin lees by Matthéüs tot by Openbaring in die Nuwe Testament, die Psalms en Spreuke. Lees dit totdat dit deel van jou word. En lees ‘n vertaling wat jy kan verstaan. Daar is ‘n paar wonderlike moderne vertalings wat maklik is om te verstaan. Jy kan selfs Bybels koop wat vier of vyf vertalings langs mekaar op die bladsye het sodat jy die volle sin van ‘n vers of Skrif kan begryp.

En moenie vergeet nie, jy moenie net jou Bybel lees nie, maar jy moet glo wat jy lees! Soos geskryf staan in Hebreërs 11:6, “En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag; want hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy is en ‘n beloner is van die wat Hom soek.” Laat dit kwaliteit tyd wees wat jy met God deurbring, selfs al is dit net vyftien minute wat jy in die oggend het. Gaan voor die Here met jou oop Bybel en sê, “Vader, praat met my vandag. Praat met jy verstand en praat met my hart. Lei my en bewaar my. Laat my dwarsdeur die dag sien hoe U woord my sal bewaar.”

En kyk dan wat die Here sal begin doen! Hy sal Sy Woord vir jou oopmaak. Hy sal begin om jou na plekke te lei waarheen jy nooit gedink het jy ooit sal kan gaan nie en Hy sal jou bemagtig met ‘n krag wat jy weet nie jou eie is nie. Skielik sal jy besef dat jy ‘n groter dors het om in die Woord van God te bly. Jy sal besef dat God by voorbaat deur die Skrif met jou gepraat het oor wat jy sal beleef. En dag vir dag, sal jy sien dat Sy Woord werklik lewend is!

Carter Conlon het aangesluit by die pastorale personeel van Times Square Church in 1994 op uitnodiging van die stigterspastoor, David Wilkerson en was aangestel as Senior Pastoor in 2001.