VREDE – GOD SE GAWE

David Wilkerson

“Wees oor niks besorg nie, maar laar julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God. En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus” (Filippense 4:6-7).

Toe ek onlangs weer hierdie gedeelte gelees het, was ek getref deur iets wat ek nog nooit tevore gesien het nie. Paulus beveel ons om op te hou om bekommerd te wees en na God te gaan met gebed en smekinge. Dan moet ons Hom dank vir die antwoord. Maar Paulus sê niks daarvan om verlossing, ‘n boodskap van leiding, wonderwerke, of genesing te ontvang nie. In plaas daarvan, sê hy dat ons ‘n gawe ontvang . . . die vrede van God.

God verhoor al ons versoeke en smekinge met die gawe van Sy vrede: “Die vrede van God sal julle harte en sinne bewaar.” Met ander woorde, God se eerste antwoord op elke gebed en hartsgeroep is Sy vrede!

Alle biddende mense het een ding in gemeen: Dit maak nie saak hoe sleg ons mag voel wanneer ons na ons binnekamer van gebed gaan nie, ons kom daaruit met Sy vrede. God het Homself beperk tot Sy eie heerskappy en dit staan bekend as die voorsienigheid van God. Hy doen dinge hierso en daarso, berei mense se harte voor en orkestreer gebeurtenisse, maar totdat Sy voorsienigheid die antwoord op ons gebed uitgewerk het, sê Hy, “Ek gaan nie vir jou gee wat jy dink jy nodig het nie, maar wat Ek weet jy nodig het – vrede in jou verstand en hart.”

Baie van ons stoei met die Here in gebed. Ons smeek Hom met baie trane; ons slaan teen die hemel se deur; ons eis elke belofte op. Maar soos die dae, weke en maande verygaan, begin ons te wonder: “Waarom verhoor U my nie, Here? Wat verhinder my gebed? Wat het ek gedoen om U te bedroef of te mishaag?”

God het in werklikheid reeds vir ons gesê, “Hier! Hier is My vrede en dit gaan alle verstand te bowe. Neem dit en laat dit in jou hart heers, terwyl ek alle dinge ten goede vir jou meewerk.”