VOORBEREIDING VIR DIE EINDTYE

David Wilkerson

As Christene glo ons God se Woord oor die tye wat kom en ons ontvang Geesgeleide waarskuwings vanaf God se heilige wagters. Trouens, ons sien die skrif teen die muur.

‘n Belangrike vraag ontstaan vir talle Christene vandag: “Hoe berei ons voor vir die onstuimige gebeurtenisse wat kom?”

OORLEWING VAN SKRIKWEKKENDE TYE

Ek dink dit is normaal om te wil weet hoe ons die skrikwekkende tye wat kom sal oorleef. As die storm toeslaan en alle fondamente van herstel vernietig word, wat sal ons doen in sake werk, behuising, kos of klere?

Gelowiges in Petrus se tyd, moes sekerlik ook vrae gehad het. In sy boodskap oor die eindtye, fokus hy nie daaroor om in ons behoeftes te voorsien nie, maar op die belangrikheid daarvan om ons harte voor te berei.

“Terwyl al hierdie dinge dan vergaan, hoedanig moet julle nie wees in heilige wandel en godsvrug nie?” (2 Petrus 3:11).

In die lig van alles wat gaan kom, fokus Petrus op karakterkwessies!

Die apostel vra in wese aan ons, “Wat is in jou hart in hierdie laaste dae? Wie en wat word jy terwyl die eindtye nader kom? Jy weet reeds dat God in jou fisiese behoeftes sal voorsien. Maar berei jy jouself geestelik voor?”

BASIESE INSTRUKSIES

Petrus herhaal Jesus se woorde (sien Matthéüs 6:31-32) as Hy sê, “En die einde van alle dinge is naby; wees dan ingetoë en nugter, om te kan bid” (1 Petrus 4:7).

Hy gee kortliks vir ons basies instruksies om voor te berei vir die eindtye:

  • Wees nugter
  • Bly kalm, maak nie saak wat gebeur nie
  • Daar is geen rede vir paniek nie
  • Bid oor dit alles