VOLG JESUS SE VOORBEELD

Gary Wilkerson

As ‘n nasionale leier net ‘n paar dekades gelede betrap was in enige soort skandaal, sou hy onmiddellik bedank het. Maar vandag is daar min skande aan hierdie dinge verbonde. Ek dink aan die Here se woorde aan Jeremia: “Hulle kom in die skande, omdat hulle gruwels bedryf het, tog skaam hulle hul nie in die minste nie en weet nie om te bloos nie. Daarom sal hulle val onder die wat val; in die tyd van hulle besoeking sal hulle struikel, sê die HERE” (Jeremia 8:12).

As Christene weet ons ons hoop rus nie op hierdie wêreld nie. Wanneer ons ons hoop op ‘n leier of ‘n instelling plaas, word ons teleurgestel. Die openlike sonde wat opgebou het oor die laaste twintig jaar, het ‘n skreiende skande geword. En soos God vir Jeremia gesê het, sal Hy nie stilbly nie.

In net ‘n paar jaar se tyd, is homoseksualiteit genormaliseer, al leer die Bybel duidelik daarteen. As Christene het ons homoseksuele en elke ander mens, wat deel met ‘n seksuele sonde, lief. Dit maak egter nie saak hoe jy daarna kyk nie, homoseksuele praktyke kan nie versoen word met die Skrif nie. (Sommige kerke sê dit kan, maar deur dit te probeer doen, bring hulle God se gesag grootliks in gedrang.)

In die tussentyd, terwyl ons Jesus se voorbeeld volg om alle mense selfopofferend lief te hê, insluitend homoseksuele, word ons gebrandmerk as haters en dwepers. Maar daar is geen haatspraak in die Bybel nie – slegs ongemaklike spraak oor sonde. Huidiglik beveel die samelewing ons basies om die gedeeltes uit te haal wat van homoseksualiteit praat as sondig. My hart breek hieroor, omdat homoseksuele ‘n leuen verkoop word. Dit maak nie saak wie ons is nie – as ons ons nie bekeer van sonde nie, word ons verhouding met God gruwelik ontspoor.