VIR HULLE WAT GOD LIEFHET

David Wilkerson (1931-2011)

God het nooit bedoel dat ons, as sy kinders, geestelike behoeftiges, arm in die dinge van die Here moet wees nie. In teendeel, Hy wil hê ons moet sy milddadige dienaars wees, wat ‘n openbaring geniet van die groot voorsiening wat God vir ons voorberei het!

“Maar soos geskrywe is: “Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor en in die hart van ‘n mens nie opgekom het nie, wat God berei het vir die wat Hom liefhet. Maar God het dit aan ons deur sy Gees geopenbaar, want die Gees ondersoek alle dinge, ook die dieptes van God” (1 Korinthiërs 2:9-10).

Paulus sê in wese, “Ons voorvaders kon nie eens begin verstaan wat die oorvloedige voorsiening was wat God voorberei het nie. Dit het nooit hulle verbeelding binnegekom nie. Maar daar is geen rede vir ons om blind te wees vir hierdie dinge nie, om rond te gaan sonder om te weet wat ons s’n is nie. Ons oë moet sien, ons ore moet hoor, dit moet ons hart en siel binnedring. Omdat óns die mense is vir wie God dit alles voorberei het en die Heilige Gees dit aan ons openbaar!”

“Ons het...ontvang....die Gees wat uit God is, sodat ons kan weet wat God ons uit genade geskenk het. Maar die natuurlike mense neem die dinge van die Gees van God nie aan nie...omdat dit geestelik beoordeel word” (1 Korinthiërs 2:12 en 14).

Die Bybel sê ons moet Hom soek vir die openbaring van sy groot voorsiening, maar ek glo die meeste Christene het eerlikwaar nog nie die krag van hierdie beloftes beleef nie. Ons het dit al baie kere gelees, maar dit bly soos dooie letters vir ons. Ons moet uitroep en sê, “Here, openbaar aan my wat U vir my voorberei het, sodat ek dit tot U eer kan opeis!”

Moenie maklik ontmoedig of moeg word om goed te doen nie. Bring tyd deur saam met jou Vader en laat sy beloftes jou hart binnedring, en jou vul met geloof en hoop!