VIR ALMAL WAT DAAR VER IS

Carter Conlon

“En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang. Want die belofte kom julle toe en julle kinders en almal wat daar ver is, die wat die Here onse God na Hom sal roep” (Handelinge 2:38-39).

Dit was Pinksterdag – ‘n dag kort na die opstanding van Jesus Christus. Die Heilige Gees, die derde persoon van die Drie-enige God, het afgekom en in mense kom woon. Ek is seker party mense het die woorde gehoor en dit beskou as amper te goed om waar te wees. “Wel, miskien het God van tyd tot tyd ‘n spesiale werktuig gevind soos Elía of Koning Dawid om met sy Gees te vervul, maar dit is nie vir my nie. Dit is net vir die paar belangrikes.”

Op Pinksterdag is dit egter asof die Here gesê het, “Dit mag wees hoe dit was vir ‘n seisoen, maar nou is dit vir alle mense, oral!” Die belofte van God se Heilige Gees en krag is ook vir almal “wat daar ver is,” wat beteken, nie net binne die fisiese nabyheid nie, maar ook vir diegene wat op latere plekke en latere datums gevind sou word. Dit beteken die belofte is vir jou en jou kinders!

Die Here het duidelik deur die profeet Joël gepraat: “En daarna sal Ek my Gees uitgiet op alle vlees, en julle seuns en julle dogters sal profeteer, julle ou mense drome droom, julle jongelinge gesigte sien” (Joël 2:28). Sluit dit iemand uit? Is daar iemand wat nie ‘n seun, ‘n dogter, jonk of oud is nie? Die Here het net die speelveld gelyk gemaak, en in wese gesê, “Wie ook al My aanroep, sal Ek met My Heilige Gees vervul!”

“Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees” (Handelinge 1:8). Wat ‘n ontsaglike belofte. Ons sal ‘n demonstrasie van Sy krag en ‘n getuie wees van wie God is.

Carter Conlon het aangesluit by die pastorale personeel van Times Square Church in 1994 op uitnodiging van die stigterspastoor, David Wilkerson en was aangestel as Senior Pastoor in 2001.