VETROU OP HOM

David Wilkerson

Ek wonder of die engele verbyster word deur al die bekommernis en angstigheid van diegene wat daarop aanspraak maak dat hulle die Here vertrou. Vir daardie hemelse wesens moet dit beledigend lyk teenoor God dat ons ons so bekommer asof ons geen sorgsame Vader in die hemel het nie.

Watter onthutse vrae vra die engele moontlik vir mekaar:

“Glo hulle nie die Een wat hulle liefhet nie? Het Hy nie vir hulle gesê Hy ken al hulle behoeftes nie? Weet hulle nie die Vader stuur ons om hulle te beskerm in tye van gevaar nie? Glo hulle nie dat Hy wat die voëls, die visse en die hele diereryk kos gee, hulle ook sal voed en klee nie? Hoe kan hulle angstig en bekommerd wees as hulle weet God besit alle mag, alle rykdom en kan in die behoeftes van die hele skepping voorsien? Hoe kan hulle Hom beskuldig van verwaarlosing, asof Hy nie getrou is aan Sy Woord nie?”

Die voëls sing, terwyl ons kla en praat van vrees en angs. Die lelies van die veld staan regop in hulle heerlikheid, terwyl ons verwelk en buig voor die sagste wind van teëspoed.

Die volgende gedig som dit so pittig op:

Die voëltjies vermaan jou met hul blye lied;

die blomme leer jou dat kommer is verniet.

“Wees bly,” tjirp die mossie. “Jou Vader voed jou;

dink aan hoeveel Hy omgee, o lieflike kind, vir jou.

“Vrees nie,” fluister die blomme, “omdat Hy rangskik

die aandblom en die madelief. Hoe kan jy dan skrik?”

Moenie kwellinge kwel nie, totdat kwellinge jou kwel.

Jy sal jou net dubbeld kwel, en ander ook laat kwel.

Jy het defnitief ‘n hemelse Vader. Vertrou op Hom!