VESTIG JOU OË OP JESUS

Gary Wilkerson

Ons almal sou graag wou wandel in algehele vryheid van dinge wat ons eens gekwel het. Dit kan ‘n sekere sonde of een of ander emosionele bagasie wees. Selfs ‘n ernstige verraad of ‘n reeks teleurstellings kan ‘n muur bou en jou bring by ‘n plek van gevangenskap wat jou verlam in jou wandel met God.

Hoe kan jy vrykom en vry bly van gevangenskap? Is daar ‘n manier om ‘n heerlike, volgehoue, magtige oorwinning in Jesus Christus te vind?

Sommige mense wend hulle tot berading in ‘n poging om bevry te word, maar wat tien tot vyftien jaar kan neem om te bereik met berading, kan Jesus binne ‘n oogwenk doen. En wanneer Hy in ons werk, doen Hy ‘n blywende werk. Hy maak ons vry en stel ons in staat om te bly wandel in daardie vryheid.

Toe God Nehemía geroep het om na Jerusalem te gaan om die mure te herbou, het almal gedink dit gaan ‘n baie lang tyd neem. Sy volk was meestal slawe en diensknegte en hulle het nie baie hulpbronne gehad nie. Hulle het egter ‘n passie vir die dinge van God gehad en hulleself daarop ingestel om te werk. Ten spyte van die feit dat Satan hulle werk op baie maniere probeer belemmer het, het hulle geweier dat hulle aandag afgetrek word van God se plan en was in staat om die mure van die stad in net twee-en-vyftig dae te herbou (sien Nehemía 6:15).

Die mure wat afgebreek was, was herstel omdat Nehemía sy oë op die Here gehou het en weerstand gebied het teen die magte van die hel. Net so, bemoedig ek jou om jou oë op Jesus te hou en Hom toe te laat om jou te versterk. Wees vasbeslote in jou hart, “Dit gaan nie oor my nie, dit gaan alles oor Jesus. My doelwitte, my planne, en my ambisies is alles onder sy liefdevolle beheer. As gevolg van Hom en sy groot offer, sal Hy my treë in rig en ek sal in vryheid wandel.”

 “Ons [is] meer as oorwinnaars in deur Hom wat ons liefgehad het” (Romeine 8:37).