VESTIG JOU GEDAGTES OP JESUS

David Wilkerson

Die Skrif maak dit duidelik dat ons moet luister na elke profetiese boodskap wat deur goddelike mense gelewer word en bevestig is in die Skrif. Ons moet al die kennis wat ons kan, inwin oor die naderende storms, sodat ons ons harte kan voorberei vir wat ons ook al sal beleef.

Maar ons mag nie dat vrees of angs ons gedagtes verteer of vashouplek in ons harte kry nie. Duisternis is sekerlik aan die kom en oordeel staan voor die deur. Maar as God se mense, kan ons nie toelaat dat ‘n wolk van duisternis die groot lig van Sy beloftes van liefde en genade teenoor sy mense verberg nie.

MOENIE DAT SATAN JOU HOOP STEEL NIE

Ons moet goed ingelig wees deur God se Woord en Sy profete, maar ons mag nie so ernstig vasgevang raak in profetiese kennis dat dit beheer van ons lewens oorneem nie. Die duiwel sal daarvan hou dat dit gebeur. Hy weet hy kan ons nie sover kry om die Here se Woord in sake die oordeel te betwyfel nie en daarom sal hy poog om ons na ‘n ander ekstreem te neem en ons te dryf na ‘n vreesagtige obsessie oor gevaarlike tye.

Eenvoudig gestel, Satan wil ons beroof van alle hoop deur ons te verteer met onheilspellende gedagtes. Maar ons kan nie die toekoms uitpluis deur behep daarmee te wees nie. Trouens, ons kan vasgevang raak in vrees en obsesseer oor skrikwekkende gebeurtenisse.

VESTIG JOU GEDAGTES OP JESUS

Die apostel Paulus stel ons gerus met sy opdrag:

“Verder broeders, alles waar is, alles wat eerbaar is, alles wat regverdig is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat loflik is – wattter deug en watter lof daar ook mag wees, bedink it” (Filippense 4:8, klem myne).

Met ander woorde: “Jy het al die waarskuwings gehoor. Luister nou na wat God se Woord openbaar en wat sy wagters sê. En, laastens, vestig jou gedagtes op Jesus en Sy goedheid.”