VERTROU OP SY LIEFDE EN BARMHARTIGHEID

David Wilkerson

As jy wil hê die vrede van God moet in jou lewe heers, dan moet jy ophou met verskeie dinge:

  • Hou op om te probeer uitpluis hoe God dinge sal uitwerk
  •  Hou op om jou te bekommer en te kwel (Filippense 4:6: “Wees oor niks besorg nie”)
  •  Hou op om vir God te sê wat vir jou reg is
  •  Hou op om te dink jy is ‘n mislukking en kan God nie behaag nie

Een van Satan se mees effektiewe strikke om Christene van vrede te beroof, is om hulle te oortuig hulle moet in die vlees streef om God te behaag. Hy bring dit gedurig tot my gedagtes!

Soms, wanneer ek ‘n stil plek nodig het om te bid, ry ek na die heuwels toe. Ek was daar nie lank gelede nie en het oor groen velde en woude uitgekyk en die teenwoordigheid van die Here geniet. Van nêrens af nie, het die gedagte my getref dat ek niks vir die Here doen nie.

“Here,” het ek uitgeroep, “Ek doen nie veel vir U koninkryk nie. Al wat ek doen is bid, kry boodskappe vir my preke en gaan kerk toe om te preek. Die hele wêreld gaan hel toe en ek doen niks vir U nie.”

Het sulke gedagtes jou al ooit getref? Doen jy alles wat jy weet hoe om die Here te behaag, maar jy voel steeds nie heilig nie. Ek weet ek het nie. Ek voel in werklikheid amper nooit heilig nie . . . selfs in my beste tye. Selfs wanneer ek preek onder die Heilige Gees se salwing.

Jy sal moontlik vra, “Jy, Broer Dave? Soms voel jy nie of jy veel vir God doen nie?” Ja! Die duiwel kom in en laat ons onwaardig en onvervuld voel en ons verloor ons vrede deur toe te gee aan daardie verskriklike gevoelens.

Luister na Paulus se gebed vir ons: “En mag die God van die hoop julle vervul met alle blydskap en vrede deur die geloof, dat hulle oorvloedig kan wees in die hoop deur die krag van die Heilige Gees” (Romeine 15:13).

Vertrou op Sy goedheid. Glo in Sy liefde en barmhartigheid. En moenie Hom beskuldig dat Hy kwaad of ongelukkig is met jou of nie met jou praat nie. Laat Sy vrede in jou hart en in jou hele lewe woon.