VERTROU GOD

David Wilkerson

Beskou die getuienis wat ons uitdra oor ons glorieryke Here. Ons het gesê Hy sal voorsien en noem Hom Jehova Jireh. Ons het Sy beloftes om vir Sy kinders te voorsien, verkondig. Hy beloof:

“Maar Ek het gehandel ter wille van my Naam, dat dit nie ontheilig sou word voor die oë van die nasies voor wie se oë Ek hulle [Israel] uitgelei het nie” (Esegiël 20:14).

Hy sê in wese, “Toe Ek Israel verlos het, was dit nie in een of ander verborge hoekie nie. Ek het wonderwerke vir hulle gedoen voor die hele wêreld. Nou wil Ek dieselfde in jou geslag doen.”

Geliefde, beleef jy ‘n situasie wat jy nog nie aan God toevertrou het nie? Word jy geroep om jou geloof op die proef te stel in die verre onbekende? Het jy besluit, “Slegs ‘n wonderwerk van die Here kan my verlos”?

GOD SE MENSE SAL NIE BESKAAMD STAAN NIE

Ons mag dalk nie nog nie uitgevind het hoe God sy verlossing sal bewerk nie; niemand in die Bybel het nie. Maar ons weet wel dat net een van Sy engele menigtes op die vlug kan laat slaan. Die Here sal nooit sy mense beskaamd laat staan nie!

Op hierdie oomblik sê Hy vir ons net soos Hy vir Israel gesê het, "Ek roep jou uit jou sondes uit en Ek het jou voor almal rondom jou se oë gestel, sodat Ek My Naam kan verheerlik. Dit was Ek wat jou uitgeroep het en Ek sal jou verlos voor die aangesig van die goddeloses, om My Naam se onthalwe.” So, sal jy nou wandel in dit wat jy verkondig en waarop jy aanspraak maak dat jy dit glo? Sal jy God verbind aan Sy Woord vir Sy naam om verheerlik te word voor menigtes?

Mag ons almal die gebed van Dawid aanneem vir hierdie tye:

“Maar U , o HERE HERE maak dit goed met u om u Naam ontwil; omdat u goedertierenheid goed is, red my” (Psalm 109:21, my beklemtoning)

God sal nooit Sy mense wat op Hom vertrou, beskaamd laat staan nie. Hy sal Sy Woord aan jou hou, omdat Sy eie eer op die spel is.