VERTERENDE VUUR

Jim Cymbala

Jesus het nooit iemand met water gedoop nie. Waarom nie? Omdat die doop waarmee Hy sou doop, die doop van die Heilige Gees en vuur sou wees (sien Lukas 3:16). Moenie jou misgis met daardie woorde en dink dit dui op twee dope, een met die Heilige Gees en die ander met vuur, nie. Inteendeel, Lukas het beeldspraak gebruik – vuur as ‘n simbool verteenwoordigend van die Heilige Gees – om een doop te beskryf. Jesus het gedoop met die verterende vuur van die Heilige Gees.

As jy ‘n vuurhoutjie trek en ‘n stuk hout aan die brand steek, sal die vuur die hout binnedring. Dit is wat die Heilige Gees in ons lewens doen. Hy gaan verder as die voorkoms van die oppervlak na die kern van ons wese. Die Gees sit nie Band-Aids op enigiets nie – Hy gaan na die kern van ons probleme om hulp te verleen. Net so, is prediking wat gesalf is deur die Heilige Gees baie deurdringend. Dit beteken nie dat dit mense neerslaan of veroordeel nie; liewer, dit meen bediening wat die hart deurdring, sonde openbaar en duidelik die behoefte vir Jesus Christus uitwys. Sonder die Heilige Gees vuur, kan prediking daal tot blote vermaak of vertonings van welsprekendheid.

Toe Petrus die eerste preek van die Christen era gepreek het, het daardie onwelsprekende, maar vurige woorde diep oortuiging en ‘n reaksie van “Wat moet ons doen?” (Acts 2:37) meegebring. Onderrighulpmiddele wat predikers help om te kommunikeer is nuttig, maar sonder die Gees se vuur, sal harte nooit nederig en gebroke wees voor die Here nie.

In Jeremia, het God gevra, “Is my woord nie só, soos ‘n vuur...nie ?” (Jeremia 23:29, beklemtoning bygevoeg). Die Woord verkondig met die Gees se vuur sny deur die warboel en handel met die onrustige toestande van ons harte. Talle mense stel waarskynlik minder belang om God se vurige woord te beleef; hulle verkies vermaaklike dienste en preke wat nie konfronterend is nie. Maar die Gees se vuur kom altyd tot die punt en handel met die hindernisse wat ons weghou van die seën van God.

Jim Cymbala het die Brooklyn Tabernacle begin met minder as twintig lede in 'n klein bouvallige gebou in 'n ongemaklike deel van die stad. Hy is oorspronklik van Brooklyn en is 'n jarelange vriend van beide David en Gary Wilkerson.