Verstaan Jou Versoekinge!

Martin Luther, die vader van die reformasie het gesê dat daar drie voorwaardes nodig is vir die maak van `n ware prediker van die evangelie. Hierdie drie voorwaardes is ook van toepassing vir enige oorwinnende Christen: gebed, meditasie en versoeking.

Dit was gesê dat Luther vinniger as enige van sy tydgenote tot mense se gewetens kon spreek. Sy preke was so deurdringend, dat dit gelyk het of hy mense harte en gedagtes direk kon lees.

Toe iemand eenkeer vir Luther die geheim van sy prediking gevra het, het hy geantwoord dat dit is omdat hy sy versoekings verstaan en oorwinning daaroor behaal. Luther het versoekings, "die winkel van ondervinding" genoem - en hy het geglo dat sy bekwaamheid om dieper in mense se harte te delf, die resultaat was van dit wat hy uit sy eie versoekinge geleer het.

Dit is waar - die heiligste van God se mense verstaan wat dit is om afskuwelike en oorweldigende versoekings te weerstaan. Die feit is dat die meerderheid mense wat hierdie boodskap nou lees, in `n stryd gewikkel is met lastige versoekinge wat kom wanneer dit die minste verwag word!

Die Bybel sê duidelik dat ons nie onkundig moet wees ten opsigte van Satan se planne nie. En ek glo dat as ons gewillig is, dan sal die Heilige Gees ons help om God se doel agter ons versoekinge te verstaan. Hy wil aan ons gee wat ek noem "die sleutel om die misterie van die versoekinge van die regverdiges te ontsluit".

Oorweeg die volgende drie sleutels:

Ontstaan jou versoekings by God, die duiwel - of jou eie vlees.

Jou onmiddelike reaksie is heel moontlik, "Dit is maklik - versoeking kom altyd van die duiwel af, want die Bybel sê, 'want God kan nie verlei word nie, en self verlei Hy niemand nie."(Jakobus1:13)."

Maar tog, die Skrif gee ons `n baie duidelike stelling: "Toe is Jesus deur die Gees die woestyn in gelei om deur die duiwel versoek te word."(Matteus 4:1). God se Gees het Jesus werklikwaar in die oorlog sone ingelei!

Die waarheid is dat beide God en Satan `n doel en plan het in alle versoekinge wat ons oorval. Satan se doel in versoeking is altyd om ons te vernietig, te ruïneer en dood te maak. Maar vir die van ons wat die Here liefhet en wat deur Hom geroep is, gebruik God dit alles om Sy eie, groter ewige plan vir ons te bevorder. Die Here laat jou versoekinge toe - maar Hy veroorsaak dit nie!

Dit word geïllustreer in twee Bybelse paragrawe wat mekaar oënskynlik weerspreek:

"Hy het Dawid teen hulle aangehits en gesê: 'Gaan tel die Israeliete en die Judeërs." (2 Sameul 24:1)

"Satan was teen Israel. Hy het Dawid aangehits om `n sensus van Israel te hou." (1 Kronieke 21:1)

Albei hierdie verse beskryf dieselfde gebeurtenis. Tog sê die een dat God Dawid teen Israel beweeg het - en die ander sê Satan het Dawid beweeg!

Die feit is dat beide God en Satan betrokke was. U sien, Satan het `n kans raakgesien om Dawid te verwoes en Israel uit te wis. Maar God het `n ander doel voor oë gehad. Hy het `n moontlike reiniging gesien. Hy het verlossing vir Dawid gesien deur die vernietiging van sy trots!

So het God Satan as Sy staf gebruik om die ongehoorsame Israel te straf. Hy het met oordeel geslaan om sy volk te red - en om trots, afgodsaanbidding en afvalligheid te ontbloot,. En as jy hierdie geskiedenis ken, het God se plan gewerk! Hy het dat die vyand Dawid net sò ver uitlok, maar het toe inbeweeg en verlossing gebring - en Dawid en Israel is in die proses gered

Die eindresultaat het nie tot die val van Dawid gelei nie - maar tot belydenis, groter nederigheid en `n sterker kerk in Israel. En jy kan gerus wees: As Satan teen jou kom, dan moet hy God se toestemming hê om dit te doen. Dit is omdat, al versoek hy jou met die doel om jou te vernietig, het God sy eie doel - `n ewigheidsdoel - deur dit toe te laat!

God mag versoeking gebruik om `n lank reeds bestaande begeerte of boesemsonde wat `n vesting in jou het by te kom. Die Bybel sê elke persoon word versoek "Maar `n mens word verlei deur sy eie begeertes wat hom aanlok en saamsleep."(Jakobus 1:14). En dit is waaragter God aan is - die oorblyfsels van daardie begeerte! Hy sal dit laat bly opduik, jaar na jaar, totdat jy uiteidelik sê, "Hoekom moet ek keer op keer deur die selfde stryd gaan?"

Wanneer versoeking skielik toeslaan - ongevraagd, onverwags en van nêrens af - is dit God se doel om jou op jou swakheid te wys. Tot nou toe was jy nog altyd kwesbaar, omdat jy nog nooit `n wag voor jou swakheid geplaas het nie. En omdat God jou wil help om op daardie punt sterk te word, gee Hy Satan Toestemming om jou te toets, keer op keer in die selfde area - totdat jy waaksaam is en dit kan oorwin. Jy sal aanhoudend getempteer word totdat die laaste wortels van daardie begeerte vernietig is!

God laat nie versoeking toe omdat Hy ons vuil of onwaardig of soos `n slagoffer van `n sataniese gier wil laat voel nie. Nee, Hy nooi ons uit om te sê, "Here, ek weet U het `n hand hierin. Help my om te waak teen hierdie sonde en deel regverdiglik daarmee. Ek ken my swakheid - en ek wil nie verder versoek word nie!"

Die wreedste versoekinge slaan toe gedurende twee unieke oomblikke in ons pad saam met die Here: (1) direk nadat ons die seën en bevryding vanaf God se hand ontvang, en (2) net voor God `n nuwe en groter deur van diens vir ons open vir Sy verheerliking.

God mag jou ryklik geseën het, en jou dan vertel, "Ek gaan jou gebruik - Ek gaan `n deur oopmaak wat geen mens kan toemaak nie!" Miskien het Hy jou gewys dat Hy op die punt staan om iets unieks in jou lewe te doen, in die areas van openbaringskennis, nuttigheid en effektiwiteit. Geliefde as dit so is, wees dan waaksaam - want dit is wanneer die duiwel inbeweeg!

Jy mag wonder, "Hoe weet die duiwel dat God my wil gebruik? Hy kan nie gedagtes lees nie - hy ken nie die toekoms nie."

Waar! Maar Satan het 6,000 jaar gehad om God se weë te bestudeer! Hy het oor die eeue heen gesien hoe God dié gebruik wat na Hom toe draai met hul hele hart: Abraham, Jakob, Petrus. En nou, wanneer hy jou sien bid en honger na God, weet hy wat dit beteken: salwing, krag - en die skud van sy koningkryk! Hy sê, "Daardie persoon is ingestel op God - hy gaan vir groot dinge gebruik word! Ek moet hom bykom voordat dit gebeur!"

`n Kragtige illustrasie hiervan is in Psalm 40 opgeteken. Dit is `n fasineerende weergawe van hoe `n vloedgolf van wreede veroekinge teen Dawid inbeweeg het net na een van sy groot oorwinnings. Luister na hoe Dawid die Here verheerlik:

"Hy (die Here) het my uitgetrek uit die put van die dood, uit die slymerige modder, my op `n rots laat staan en my weer op vaste grond laat loop. Hy het my `n nuwe lied in die mond gelê, `n loflied vir ons God. Baie sal daarvan hoor en Hom die eer toebring, hulle sal op die Here vertrou!" (Psalm 40:2-3).

Dawid het getuig van `n groot oorwinning in sy lewe! God het hom uit `n aaklige put uitgetrek - en hy lewe reg en word buitemate deur God geseën. Ander sien wat God vir hom gedoen het, en dit is rede genoeg om God te prys: "Hier het ek gekom soos dit in die boekrol vir my voorgeskrywe is. Om U wil te doen, my God, is my een begeerte, U woord is my hele lewe. Met blydskap het ek aan die gemeente verkondig..Here my God, U het baie wonderlike dinge gedoen; U dink altyd aan ons; daar is niemand soos U nie." (verse 10, 5).

Dan sê Dawid, "Hy het my `n nuwe lied in die mond gelê..Om U wil te doen, my God, is my een begeerte. U woord is my hele lewe." (verse 6, 8).

Dawid sê iets besonders hier: "O God ek sien wat U hier vir my beplan! U planne vir my is fantasties. U het U hand op my - U wil my gebruik!"

Hierdie is die woorde van `n man wat een van die grootste oorwinnings van sy lewe geniet. God het Dawid pas gered. En nou het Hy bekend gemaak dat die hele koningkryk onder hom geplaas gaan word. Inderdaad, Dawid was op die punt om sy effektiefste periode binne te gaan!

Maar kyk wat volg direk hierna in die selfde Psalm:

".want ramp op ramp het my oorval, my ongeregtighede het my ingehaal; ek weet nie meer waarheen nie. hulle is meer as die hare op my kop; ek is moedeloos. Here, red my tog asseblief!"(vers 12).

Dawid was nie op daardie stadium wellustig, traag of buite die wil van God nie. Nee - hy was biddend, prekend, hy het getuig en was honger vir die Woord van God. Maar tog, skielik op dieselfde oomblik dat hierdie twee groot werke van God in sy lewe plaasgevind het, het Dawid gesink in `n rivier van onverwagte aanslae en versoekinge! Hierdie ontelbare booshede wat besit van hom geneem het was `n vloed van ernstige versoekinge: mislukkings van die verlede, ou welluste, die dinge wat veroorsaak het dat hy sondig. Dit het alles terug gestorm!

Hoeveel van God se kosbaarste heiliges het net soos Dawid dit uitgeskreeu, "God, `n boosheid het `n wurggreep op my! Ek word oorweldig deur bose gedagtes - ek is te skaam om op te kyk! Ek sal nooit heilig wees nie. Ek voel na so `n mislukking!"

Tans mag u deur versoekinge gaan wat u nie verstaan nie. U haat dit, u verafsku dit - maar skielik, daar is dit en u weet nie waar dit vandaan kom nie. U sê vir uself, "Ek het my hart daarop gesit om God lief te hê. Ek is nie besig om te fuif of vir sonde te soek nie. Hoekom verskyn hierdie versoekinge weer?"

Eerstens, dit is nie `n sonde om versoek te word nie. Maar die duiwel sal jou verf met `n kwas van onwaardigheid! Hy sê, "Aha! Jy het gedink dit is alles verby, dood en vergane. Maar kyk na jouself - dit het weer in jou hart opgeduik!"

Jy sal dink, "Ek het geen vordering gemaak nie, al het ek ook onder `n heilige boodskap gesit. Hoe kan ek nog steeds teen iets soos die veg?" Maar die waarheid is dat hoe meer regverdig jy is, soveel te meer voel jy skaamte wanneer jy deur hierdie versoekinge gaan - omdat jy nie meer ons Heilige God wil treurig maak nie!

Dwarsdeur die geskiedenis het groot manne van God getuig dat terwyl hulle op die preekstoel gesit het, gereed om te preek, het die duiwel lasterlike gedagtes deur hulle verstand laat gaan- en hulle daardeur moes veg! Ek was eens in `n vergadering met een van die grootste manne van God wat ek geken het - `n profeet van amper sewentig jaar oud. God se teenwoordigheid was sterk daardie aand, toe die man skielik na my toe kom en sê, "Gou, Dawid, lê jou hande op my. Ek is onder `n sataniese aanval! Ek moet versoekinge deurstaan wat ek laas as `n jong man ervaar het!"

Ek was verbysterd. Ek het gedink hy is een van die heiligste mense wat ek ooit ontmoet het - en tog hier is hy, huilend en onder aanval, reg in die middel van `n beweging van die Heilige Gees!

Ek sien nou dat God hom op die rak gehou het totdat daardie laaste weerstand uitgepluk was. God het dit toegelaat om aan hom te toon dat een ding hom terug gehou het van Sy beste.

Die wreedste versoekinge slaan toe gedurende twee unieke oomblikke in ons pad saam met die Here: (1) direk nadat ons die seën en bevryding vanaf God se hand ontvang, en (2) net voor God `n nuwe en groter deur van diens vir ons open vir Sy verheerliking.

God mag jou ryklik geseën het, en jou dan vertel, "Ek gaan jou gebruik - Ek gaan `n deur oopmaak wat geen mens kan toemaak nie!" Miskien het Hy jou gewys dat Hy op die punt staan om iets unieks in jou lewe te doen, in die areas van openbaringskennis, nuttigheid en effektiwiteit. Geliefde as dit so is, wees dan waaksaam - want dit is wanneer die duiwel inbeweeg!

Jy mag wonder, "Hoe weet die duiwel dat God my wil gebruik? Hy kan nie gedagtes lees nie - hy ken nie die toekoms nie."

Waar! Maar Satan het 6,000 jaar gehad om God se weë te bestudeer! Hy het oor die eeue heen gesien hoe God dié gebruik wat na Hom toe draai met hul hele hart: Abraham, Jakob, Petrus. En nou, wanneer hy jou sien bid en honger na God, weet hy wat dit beteken: salwing, krag - en die skud van sy koningkryk! Hy sê, "Daardie persoon is ingestel op God - hy gaan vir groot dinge gebruik word! Ek moet hom bykom voordat dit gebeur!"

Jesus self is ons beste voorbeeld van hoe om versoekinge te verstaan en te oorwin. Christus was net gedoop met water, en die Heilige Gees het op Hom neergedaal soos `n duif. Toe het `n stem uit die hemel geroep - en Hom erken as God se eie Seun. Op daardie oomblik is Jesus geëer en geseën soos geen mens ooit tevore nie. Sy wonderlike prediking, waarvoor Hy Homself al lang jare voorberei het, het voorgelê. Maar, nog skaars was die woorde geuiter, "Jy is my geliefde Seun. Oor Jou verheug ek my." (Markus1:11), voor die volgende vers sê, "Net daarna het die Gees Hom weggevat die woestyn in,"(vers 12).

En so ook was dit met die apostel Paulus. Die Here het hom besoek op die pad na Damaskus, waar hy die stem van God gehoor het. Hy was wonderbaarlik gered uit die donker put van geestelike blindheid en die vuil slymerige kly van Fariseïsme. Hy was genees van fisiese blindheid.

En wat `n openbaring het hy nie ontvang nie! Paulus is vertel dat hy voorberei sou word as `n instrument van eer, om die boodskap aan die heidene te bring. Dit sou `n bediening van lyding wees - en tog een van grootheid bo enige iets wat `n mens aan kan dink!

Weereens sien ons die twee indrukwekkende gebeurtenisse in `n godellike man se lewe bymekaar kom: groot seëninge en verlossing, en a glorieryke openbaring van toekomstige diensbaarheid. Tog is dit hier waar Paulus sê "`n boodskapper van Satan" het gekom om hom te kasty - net na die bekendmaking en net voor die effektiefste tyd van sy lewe!

Ek het gevind dat dit ook so is in my lewe. Ek het ondervind dat ek jare lank vry was van enige groot versoekinge - vrede, groei en seën sonder grense geniet het. Dan sê God in my hart, Ek het iets wonderliker vir jou, David - openbaring, vreugde en oorwinning bo enige iets wat jy ooit geken het!"

Skielik, sonder enige handeling van my kant af , vind ek myself in die middel van `n woeste beproewing! Ek skreeu dit uit, "O God, waar het dit vandaan gekom? Ek het die regte pad geloop, Ek het gebid. Ek haat my ou weë! Maar kyk nou - dit is dieselfde ou stryd! Here dit is net te veel!"

Gaan jy tans deur `n hartverskeurende beproewing, `n struweling met versoekinge? Stop, skep moed - en maak `n lys!

Het God iets aan jou gesê van groter nuttigheid? Om jou dieper te neem? Het Hy met jou gesels oor die seën van jou familie, om jou te gebruik om siele te wen, of om jou te beywer vir 'n nuwe rigting of strewe? Jy mag op die drumpel wees van `n glorieryke nuwe tog saam met Hom!

Natuurlik, menige Christene word erg versoek wanneer hulle deur hulle eie wellus weggelei word, en God gebruik hierdie beproewings om daardie wellus aan die lig te bring. Maar baie gelowiges word versoek, nie omdat hulle vir wellus soek nie - maar omdat die duiwel weet hulle is amper daar waar hulle sy koningkryk gaan beskadig. En hy wil by hulle uitkom voordat dit gebeur!

In 1667 het `n doktor genaamd Richard Gilpin `n boek geskryf, getiteld "Demonologia Sacra," waar hy metodes voorgestel het om te seëvier oor versoekinge. Sy beskrywing is die beste wat ek nog ontdek het. Laat ek dit saamvat in vier punte:

"Onderwerp julle dan aan God. Staan die duiwel teë en hy sal van julle af wegvlug." (Jakobus 4:7). Christene kwoteer gewoonlik net die laaste helfte van hierdie vers - maar dit is afhanklik slegs van die eerste helfte! Die belangrikste ding is om jou aan God te onderwerp - en dit beteken onderwerp jou aan die versoeking wat Hy toegelaat het!

Jesus het Hom onderwerp aan die versoeking in die wildernis omdat Hy geweet het sy Vader het `n aandeel daarin. En deur dit te weet het dit Hom vasbeslotenheid en troos gegee omdat Hy nie alleen op die gevegsfront was nie.

Maar menigte Christine wat deur groot versoekinge aangeval word, begin om hulle self te verkleineer. Hulle word moedeloos en depresief - en gou gee hulle op en sê hulle geloof werk nie. Hulle kom nie agter dat die rede dat hulle versoek word juis daarin geleë is, dat hulle vordering maak nie!

Die Here het ons beveel om ons voor te berei om te veg: "Wees waaksaam, staan vas in die geloof, wees manmoedig, wees sterk!" (1Korintiërs 16:13).

Moet nooit met die duiwel, of met sy krag stry nie! Dit is waar baie heiliges verloor. Hulle argumenteer met hulself oor hulle versoekings, of daar enige goed van sal kom. In plaas daarvan moet hulle eerder so gou moontlik die vlam doodmaak, en die duiwel die geleentheid ontsê om verleidende argumente te kom!

`n Jong man wat betrokke was met seksuele sonde het op `n dag, saam met sy ongeredde vriendin, na my toe gekom. Hy het aan my genoem dat hy `n ernstige preek gehoor het en dat God met hom gepraat het, "Breek dit (die verhouding) dadelik op! Stop dit, vir eens en vir altyd!"

In plaas daarvan om God gou te eerbiedig, het die jong man toegelaat dat Satan argumente in sy gedagtes bring. Die duiwel het gesê, Jy is verantwoordelik vir haar siel, sy sal hel toe gaan as jy nie by haar bly nie. Moet haar nie heeltemal uitsny nie. Skakel haar, gee haar moed - wees daar wanneer sy seer het!"

Dit was `n resep vir rampspoed! Die jong man het `n gesprek gevoer met demoniese denke! Hy het met die duiwel gepraat en geargumenteer!

Satan kan nie jou verstand of gedagtes lees nie - hy is nie alwetend nie. Maar hy kan jou aksies lees! Hy hoor jou telefoon gesprekke, kyk waar jou voete jou heen lei en sien jou in plekke waar jy nie hoort nie! Dit is hoe hy soveel van jou weet - omdat jou aksies dit verklap! En hy neem jou swakhede op in sy register van versoekinge.

As `n man weet sy swakheid is pornografie, kan hy in die straat afloop en die Here prys. Maar die duiwel kyk waar sy voete gaan - en hy berei `n versoeking voor, reg op die drumpel van demoniese gebied! Hierdie man mag in sy gedagtes bid - maar gou sal sy voete met die duiwel beraadslaag!

Die duiwel sal hom vertel, "Gaan voort - God kan nie so hard wees nie. Hy weet jy probeer, dat jy swak is. Hy sal jou vergewe - omdat Hy jou beveel om 490 keer te vergewe!" Liewe heilige, dit is nie die tyd om te praat nie - dit is die tyd om te hardloop! Draai om - stop die demoniese gesprek! Die effektiefste wyse om met die duiwel te praat is nie met jou mond nie, maar met jou voete!

Die tyd om die versoeking te stop is by die eerste impuls wat jy kry. Dit is wanneer jy `n vinnige besliste NEE sê! "Nee duiwel! Nee, vlees!" Staan dadelik by God se kant, teen jou sonde. Niks laat die duiwel vinniger wyk as `n skielike "Nee!" by die eerste aanval nie.

Paulus het gesê dat ons `n einde moet maak aan ons sondige praktyke (Romeine 8:13). Maak nie saak wat die koste is of wat jy moet opgee nie, hou die begrafnis nou! Jy mag antwoord, "Maar dit is te hard - ek kan nie my versoeking laat gaan nie." "Ja om dit te laat gaan sal seer wees. Maar wat dit ookal is, jy moet dit laat doodgaan - met geen hoop van heropstanding nie! Lê dit neer, sê nee - en doen dit spoediglik en finaal, sonder om terug te draai.

Ek ken `n predikant in sy middel sestigs wat baie gereis het. Een keer op `n besoek aan Europa het hy `n jong dame ontmoet wat regtig aan die brand was vir God - maar volgens sy definisie. Die Heilige Gees het hom gewaarsku: "Dit is `n strik - kom nou daaruit! Moet haar nooit weer sien nie, moet nie eers weer met haar praat nie. Eindig dit!"

Maar die predikant het geredeneer, "Sy verstaan my bediening beter as enige een. Dit is seker nie verkeerd as ons net praat nie." Dit het ongelukkig nie by praat gebly nie, maar eventueel het hierdie man sy vrou verlaat en met die jong dame getrou. Hy het geweet dat dit verkeerd was van die begin af, maar hy het geflankeer met die idee om met `n jonger vrou getroud te wees - en voor hy dit geweet het, was hy vasgevang.

Hierdie man kon sy integriteit behou het en sy eindjare in God se glorie spandeer het. Maar omdat hy nagelaat het om `n skielike, finale "Nee!" teen versoeking te spreek, het hy alles verloor!

Die duiwel lag oor ons argumente want dit beteken niks vir hom nie. Daar is net een ding wat angs in sy siel plaas, en dit is die Woord van God in die hart van `n Christen - geglo en geaktiveer!

Ons kan nie mens alleen die aanvalle oorkom nie, en ook nie deur Bybelversies op te sê nie. Dit is omdat die mag en die krag nie in woorde is nie, maar in die outoriteit wat God daarin investeer. Om krag oor die duiwel te hê, moet die Woord van God uit `n gelowige hart en lippe, wat vertrou, kom.

Dawid het gesê, "Oor die doen en late van mense het het ek niks verkeerds gesê nie: ek het my aan U bevel gehou" (Psalm 17:4). Hy het ook grootgepraat, "Ek was opreg voor Hom, ek was op my hoede teen enige ongeregtigheid." (18:23). Hoe het hy homself teen sonde beskerm? "Ek het die weë van God gevolg. en het my deur al sy bepalings laat lei en nie van sy voorskrifte afgewyk nie" (15:21).

Luther het getuig, " Ek het as gevolg van menige groot drifte gely. Maar die oomblik dat ek die Bybel op enige plek oopmaak en myself daarop laat steun het net soos op `n anker, het my versoekinge dadelik verdwyn - wat sonder die Woord onmoontlik vir my sou wees om te verdra en nog minder om te oorkom."

As jou versoekinge nyg na egbreuk of ontug, skree dit uit, "Jy sal nie egbreuk pleeg nie!" (Eksodus20:14). As dit enige begerigheid is, skree uit, "Jy sal nie begeer nie!" (vers 17). As dit die begeertes van die vlees is, skree uit, "As julle, julle lewe deur die sondige natuur laat beheers, gaan julle die dood tegemoet," (Romeine 8:13). As dit `n lang bestaande begeerte is wat van jou beslag geneem het, skree uit, "Die sonde moet nie meer baas wees oor jou nie!" (Romeine 6:14).

Gaan na die Bybel en kry `n paar teenoorgestelde bevele! Begin om dit te spreek en te glo. Slegs geloof aktiveer die geskrewe Woord - en slegs die geaktiveerde Woord laat die duiwel weghardloop! Jy kan staan en sê, "Duiwel, ek is veilig van jou en enige een van die hel wat jy teen my stuur. Ek staan nie op my rekord of enige persoonlike heiligheid nie - ek staan op die geskrewe Woord van God, net soos Jesus dit gedoen het."

Soos wat die vyand in volle aanslag nou onlangs teen my gekom het, het een vers uitgestaan: "Ek sal die wil van die Here gehoorsaam." (Psalm 18:21). Skielik het geloof in my hart opgewel. Nou kwoteer ek hierdie vers daagliks. Wanneer ek in die oggend opstaan, sê ek, "Ek sal op die weg van die Here my God gaan" - en Hy gaan met my!

As u op die weg van die Here jou God gaan, dan sal Hy aan u `n groot oorwinning gee. En Hy wil u nou aanmoedig - maak nie saak waardeur u gaan nie, Hy sal u heeltemal daardeur bring. U sal nie faal nie!

"Die Here tug hom wat Hy lief het." (Hebreërs 12:6). Maar Hy sê, daardie tugtiging is slegs vir `n seisoen, `n kort rukkie - en daarna, volg groot vreugde! Halleluja! - wat `n belofte! Gehoorsaam Sy Woord, eis Sy teenwerkende bevele - en geniet oorwinning oor versoeking!

---
Gebruik met toestemming van World Challenge, P. O. Box 260, Lindale, Texas 75771, VSA.